DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 12

27 Feb.2008  07:35

EK sal julle van krag voorsien vir die toekomstige dinge en alles wat EK julle beveel om te doen, sal julle voorspoedig uitvoer omdat EK so sê. EK stuur julle en niemand kan julle keer wanneer EK julle stuur nie. Julle sal uitgaan en MY werk verrig en julle sal niks doen wat verkeerd in MY oë is wanneer EK julle stuur nie. MY kinders, toe Elia die Baälpriesters geslag het, het hy verkeerd gehandel in MY oë? Was dit vir hom as moord gereken? Nee, EK het hom gestuur en dit het gebeur net soos wat EK hom beveel het. Gaan nou en doen soos wat EK julle beveel sonder om bekommerd te wees oor die gevolge. EK beveel julle om dinge te doen wat bevorderlik is vir julle geestelike groei en ontwikkeling en baie keer voel dit vir julle nie lekker nie, veral wanneer EK jou na jou naaste stuur met ‘n boodskap wat deur murg en been sny en dan is julle onwillig omdat julle nie daardie persoon wil seermaak nie, maar wanneer EK julle stuur, sal julle dit doen en die gevolge van julle doen en late, sal Ek dra. Baie keer stuur EK julle na iemand om vir hom iets te sê wat vir julle baie kras of hard klink en dan wil julle nie en julle dink dan dat die persoon julle sal kruisig of verongeluk, maar EK sê vir julle dat dit nie altyd die geval is nie. EK weet wie wat kan aanhoor sonder om aanstoot te neem en daarom stuur EK julle daarheen. MY skryfkneg het opdrag gekry om na iemand te gaan en sy is bevrees dat die persoon vir haar kwaad sal wees, maar EK sê nou vir haar dat sy niks te vrese het nie, want EK is met haar en dit sal vir die persoon net tot sy eie voordeel strek as hy daarna sal luister. Hy sal daarna luister en nie aanstoot neem nie omdat hy MY GEES in hom het en MY opreg wil dien en dít sal vir hom die besluit neem ook. Gaan daarom na die mense na wie EK julle stuur en doen julle werk vir MY, want dit is net tot hulle en julle eie voordeel. Dink aan die ontwikkeling van die siel van elke mens en jy sal bly wees aan die einde van die dag dat jy die boodskap vir hom gevat het omdat hy dan positief sal groei. MY kinders, julle moet nie bang wees nie en net op MY vertrou. Gaan en doen soos EK julle elkeen beveel en wees gerus. Dit geskied in MY wil. Dit sê Ek ook vir die persoon wat die boodskap ontvang en maan daardie mens om op te let na MY aanwysings omdat dit net die volledige Eenwording met MY teweeg sal bring.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205