DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 15

27 Feb.2008  08:38

Na die Eenwording met MY sal julle almal besef wat eintlik met julle gebeur het en julle sal met nuwe vreugde wat nooit kan ophou nie, te werk gaan en die hele wêreld sal dan vir julle soos ‘n oop boek wees. Elke hart sal jy kan deursien en weet wat daarin aangaan. Geen siekte sal vir jou te groot wees om te genees nie en die slegste duiwel sal vir jou vlug. Niks sal jou meer kan onderkry nie en jy sal met die wind beweeg. EK sal jou hierheen roep en jy sal by MY in die hoogste hemel kan wees in ‘n oogwink. Dit is alles dinge wat vir julle wag, maar dit sal nie net vir die plesier wees dat julle dit doen nie. Nee, julle sal MY en julle naaste dien. Dit sal die ware rede wees vir jou Eenwording met MY en as jy nog vind dat jy aan ander redes dink, moet jy mooi na jouself gaan kyk want dan is jy nog vêr van ryp af om MY so te dien. MY kinders moet hulle broers en susters wil help en so MY dien, en dit moet die ware rede vir julle Eenwording wees. EK sal net die Een met MY laat word, wat MY opreg wil dien en wat sy naaste liefhet soos wat hy homself liefhet. Daardie mens is geskik om met MY Een te word en dit sal dan ook so gebeur. EK sal kom met MY GEES en hom vervul en hy sal dan werksaam wees in MY ryk en MY siele na MY bring sodat die mense wat MY nog nie ken nie, van hulle Skepper en Vader bewus gemaak kan word. MY kneg, Johannes sal dan oor die hele aarde te werk gaan en hy sal aan almal waarna EK hom stuur, verskyn sodat hulle hulle na MY kan wend. Hy sal oor die hele aarde heengaan en almal wat MY uitdaag sal hy waarsku, en hulle sal probeer om hom te vang maar hulle sal hom nie kan vang nie , want hy is nie meer gebonde aan die wette van die natuur nie. Dit sal julle almal sterk maak om dit te weet en as julle hom sien, sal julle verstaan. EK het gesê dat MY Johannes weer na die aarde sal kom as een van die twee getuies en dit sal gebeur. Dit is nou besig om te gebeur terwyl MY skryfkneg hier tik en julle sal almal eerstehandse getuies daarvan wees. MY GEES sal besoeking aan elkeen van julle kom aflê en EK sal sien wie MY in sy hart en sy liggaam wil ontvang. Wees net lief vir MY en jou naaste en jy sal dit ook beleef en sien. Dit belowe EK vir julle. In die stryd wat vir julle voorlê sal daar dan baie wees wat alreeds die Eenwording met MY voltooi het en hulle sal dan MY ander kinders lei, omdat EK in hulle is. Hulle sal nie onder mekaar baklei wie die leier moet wees nie, omdat EK in elkeen van hulle sal wees en EK alleen die leier sal wees. Julle sal sien wat met julle gaan gebeur en as jy nog nie Een met MY is nie, sal jy nie hoef te vrees nie, omdat EK voorsien het in alles. Gaan hierdie komende stryd tegemoet met MY as julle Leier en vertrou net op MY en weet dat julle die oorwinnende party sal wees omdat EK sal oorwin. Gaan in vrede MY kinders en vrees niks, want EK het dit al klaar oorwin.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205