DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 2

21 Feb.2008  07:36

Daar is krag in MY woorde en ook selfs in julle eie woorde. Wanneer julle iemand aanspreek, moet julle julle regte name gebruik en nie byname nie. EK weet dat die byname vir julle kinders uit liefde gegee word, maar die naam wat vir jou gegee is deur jou ouers, beteken tog iets. En wanneer julle dan byname soos Koekie of Sweetie gebruik, word baie van die krag wat oor daardie persoon uitgespreek word, verminder en in party gevalle selfs heeltemal weggevat. MY kinders, dit is nie die einde van die wêreld as jy so af en toe die verkeerde naam gebruik nie, maar kom ons kyk na die volgende voorbeeld. MY kind se naam is Hendrik en dit beteken tog standvastige rots, maar nou word hy iets anders genoem soos byvoorbeeld Mannetjie. Sien julle hoe word daar van die krag wat oor hom uitgespreek sou word met sy regte naam, verminder en selfs weggevat? Dit is waarom EK ook sê dat julle moet let op dit wat julle vir iemand anders sê. Dit wat julle hom of haar noem, is hoe hy of sy gaan wees. Dit is so en nie anders nie. Miskien sien julle niks in hulle aardse lewens nie, maar in die hiernamaals het daardie siel die verkeerde naam aangeneem en sal die siel dan ook by die naam aanpas. Dit klink vir julle onwerklik, maar EK belowe dit vir julle en daarom wil EK hê dat julle moet probeer om dit te doen. EK sal julle hierin help as julle werklik gehelp wil word. Gaan doen wat EK julle beveel en julle sal die seëninge hierin ook raaksien.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205