DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 20

2008.03.03 06:59

 

Julle staan soms verwonderd by die aanskoue van MY skepping en julle loof MY daarvoor, maar weet julle dat EK julle sal seën sodat julle meer as dit sal hê? EK sal julle baie meer gee as wat julle ooit kan dink omdat julle MY liefhet en in MY weë wandel. Kom na MY en EK sal julle oorlaai met alles wat julle nodig het en nog baie meer. EK het aan sekeres van MY knegte hulle beloning getoon wat hulle van MY sal ontvang nadat die stryd in die land oor is. Ek het hulle gewys hoe hulle huise sal lyk wanneer alles verby sal wees. Julle moenie dink dat julle na die stryd sal teruggaan en julle huise self sal moet opbou nie. EK het gesê dat EK julle so sal seën dat julle nie die einde van julle seëninge sal ken nie en dit is ‘n belofte van MY. Julle sal sien dat EK almal wat die stryd deurgegaan het en MY bo alles liefgehad het, sal seën sodat elkeen sal hê wat hy nog altyd wou gehad het maar ter wille van MY opgegee het. Julle sal nie die einde ken van MY seëninge nie en almal wat van mekaar geskei was op ‘n sekere manier sal weer bymekaar gebring word en hulle sal in die grootste vreugde en vrede bymekaar wees en nooit weer geskei word nie. Die rede dat hulle nooit weer geskei sal word nie is omdat hulle almal Een met MY sal wees en julle mekaar dan die heletyd voor oë sal hê. MY lig sal oral skyn en selfs die nag sal MY lig nie kan uitdoof nie omdat EK nie gebonde is aan die son en maan vir MY lig nie. Julle sal almal MY in julle huise hê omdat EK in elkeen se hart sal wees en teen daardie tyd sal almal, groot en klein, met MY Een wees omdat die groot geloofstryd dan daarna sal kom en EK wil graag hê dat elkeen gered moet word en niemand weens hulle vrees verlore sal gaan nie. Daarom sal EK almal met MY Een maak sodat julle die geloofstryd sal kan deurmaak sonder enige vrees vir die dood of die vyand. EK sal julle so deur alles dra en aan die einde van die stryd, sal julle julle beloning van MY ontvang en uit MY hand sal julle alles verkry. Luister maar net na MY stem sodat jy ook gered kan word en nie die komende stryd sal ingee weens vrees vir die vyand nie, en jy na die tyd jou beloning van MY kan ontvang. EK belowe julle dit is alles die moeite werd en julle sal so verbaas wees as julle weet wat EK aan elkeen sal gee na die stryd. Die aardse dinge sal mooi wees waarmee EK julle seën maar die hemelse beloning sal soveel meer wees en julle sal dit nie eers nou kan verdra om dit te weet of te sien  nie. MY lieflingkinders julle moenie in MY twyfel nie. Glo onwrikbaar in MY en weet dat EK julle nooit sal verlei en julle in die verderf sal stort nie. Wees maar net rustig en kom soek MY elke dag op en jy sal ook met krag vervul word en dinge sal EK aan jou openbaar sodat jy ook kan sien wat EK vir jou berei het. Dit sal alles gegee word aan die wat MY liefhet. Die wat MY in hulle harte gedra het, sal EK in MY hart dra sodat hulle nie sal swaarkry nie. EK sal niemand wat MY liefhet vergeet nie en almal wat in MY glo sal ook ‘n beloning kry, al het hulle MY nie so lief gehad nie. EK is genadig en sal almal help wat hulle vertroue net in MY stel. MY kinders, gaan die toekoms in sonder vrees want EK is in beheer en EK sal niemand vergeet nie. EK sien die swaar raak van elkeen wat deur MY gesnoei word en EK sal dit nie ongesiens verby laat gaan nie. Die begeerte van jou hart sal EK aan jou gee. Vertrou net in MY en weet dat EK ook alles in MY hande het- die seerkry en die beloning daarna. EK sal julle weer seën en julle nie in julle hartseer laat nie.

Amen 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205