DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 4

23 Feb.2008  06:12

MY kleintjies is aan elke ouerpaar gegee sodat hulle kan leer hoe dit voel om kinders groot te maak. Die hartseer en vreugde van ouerskap word aan julle gegee sodat julle kan voel hoe EK moet voel wanneer een van MY geliefde kinders teen MY sondig en ook wanneer een van MY geliefde kinders na MY terugkeer. Dink ‘n bietjie na hoe julle voel en julle sal moet erken dat EK in dieselfde bootjie as julle is. MY kinders lê MY ook na aan die hart soos wat julle kinders julle na aan die hart lê. EK wil ook al MY kinders by MY hê en elke kind, maak nie saak hoe hy geaard is nie, is vir MY spesiaal. Nou, MY liewe kinders, wil EK van julle vra om MY ander kinders lief te hê soos wat julle wil hê dat julle eie kinders mekaar moet liefhê. Wanneer julle sien dat julle eie kinders onder mekaar baklei en mekaar by julle kom beswadder, voel dit vir julle nie lekker nie en julle sal gou probeer om vrede onder hulle te bewerkstellig. Dit is net so met MY en wanneer julle julle geskille in liefde na MY bring, sal EK dit vir julle oplos en julle met liefde behandel. Dink aan julle eie gevoelens in julle harte en dan sal julle dit ook verstaan. EK wil vrede onder MY kinders hê en nie verdeeldheid nie, want julle is ook MY gesin wat opgebreek is, wanneer julle nie in vrede met mekaar wil saamleef nie. Kom na MY en EK sal julle Regter wees en aan julle wys wat om te doen. Daar is nie ‘n beter Regter as juis EK nie omdat EK nooit onregverdiglik ‘n beslissing sal maak en een party sal voortrek terwyl EK die ander party sal benadeel nie. Nee, EK sal almal help sodat elkeen tevrede daar uit sal stap. Maar wat EK wil hê is dat julle mekaar met liefde moet dra en in liefde saam moet leef omdat die liefde alles is. Die liefde is dit wat die satan tussen julle verjaag omdat die liefde nooit sy eie belang soek nie. Met ander woorde, almal wat vol. van MY liefde is, sal altyd eerste aan sy naaste dink en homself op die agtergrond plaas. Wat is beter as juis dit, omdat dit gewoonlik die grootste rede tot julle geskille is. Die een wil altyd die beste vir homself hê en sal nie terug staan sodat die ander een die beste kan hê nie. Dit moet nie so wees nie. Wanneer jy sien dat daar werk gedoen moet word, maak nie saak wat dit is nie, moet jy inspring en begin en nie wag dat iemand anders dit doen nie. Niemand is lief vir werk nie en almal sal graag op die rusbank wil gaan sit, maar dit is beter om mekaar in liefde te help. Wanneer iemand anders met baie liefde in sy hart sien dat jy die harde werk self aangegryp het, sal hy/ sy ook begin help. Dit is hoe EK dit wil hê en daar sal dan nooit ‘n stryery ontstaan oor wie moet wat doen nie omdat elkeen bereid sal wees om enigiets te doen sonder dat hy daarvoor gevra moet word. Dit is hoe dit in MY Huis moet wees en waar daar ‘n paar van MY kinders saam woon, moet almal bereid wees om alles te doen. Niemand moet kieskeurig wees oor die werk wat hy/sy moet verrig nie en daar is nie iets soos vuilwerk nie. Almal doen wat daar te doene is. Dan sal daar mos nooit ‘n stryery en bakleiery wees nie, nê? Dink nou ‘n bietjie aan julleself en aan julle kinders. Is julle nie ook maar net soos julle kinders, net op ‘n ander vlak nie? Ja, julle is en EK moet ook partykeer met die roede onder julle invlieg sodat julle julle werk kan voltooi sonder om eers te moet stry wie moet wat doen. Die wat lui is sal deur MY SELF getugtig word omdat EK kan sien wie lui is en wie nie. Julle hoor hoedat julle kinders onder mekaar stry en probeer dan daaruit ‘n beslissing fel, maar EK weet wie wat doen. Daarom moet julle mekaar nie van dinge beskuldig nie, maar julle weg met liefde gaan en EK sal SELF doen wat gedoen moet word. Maar julle moet onthou dat EK julle almal baie lief het en niemand voor die ander een sal trek nie, al is hy fluks of lui. Dit is maar net MY riglyne wat nagekom moet word vir die beste samewerking en eenheid tussen julle.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205