DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 6

23 Feb.2008  07:25

EK sal julle wys wat julle vir MY moet doen wanneer die tyd reg is en nie een van julle sal ledig wees en sonder doel nie. Julle wil almal vir MY werk en daar is al mense wat hulle werkies van MY ontvang het en dit met vreugde doen. Maar daar is nog baie van julle wat nog nie julle opdragte van MY ontvang het nie, maar julle moet nie vrees nie omdat EK julle nie vergeet het nie. EK sal julle nog wys wat julle te doen staan. Dit lyk nou vir julle of daar sekere mense onder julle is, wat alles kry om vir MY te doen en julle voel soos die vyfde wiel aan die wa, maar dit is baie vêr van die waarheid af omdat EK niemand meer sal gebruik as die ander een nie. Julle werke verskil net so, dat die een vroëer sy werk kry as die ander een. Die rede daarvoor is omdat die een se werk nou  gedoen moet word en dit nóu ‘n noodsaaklikheid is, terwyl die ander een se werk eers later noodsaaklik is. MY kinders, die een wat skottelgoed was, was dit mos nie voordat die een wat moet kook klaar is nie? Nee, die skottelgoed word na die tyd gewas en daarom is daar ook sulke werkies wat later gedoen moet word, maar altwee, die kok en die wasser het hulle take ontvang. Die een net vroëer as die ander een. Dit is hoe dit met MY ook werk. Daar is dinge wat nou gedoen moet word en dan kry die een wie se verantwoordelikheid dit is, die werk eerste. Die ander sal hulle opdragte later ontvang wanneer die tyd daarvoor ook ryp is. Maar wees verseker dat selfs die kinders vir MY hulle werkies sal doen. EK sal nie een ledig laat rond sit nie en almal sal die vervulling daarvan smaak. Elkeen sal voel hoe dit voel om MY te dien deurdat jy jou naaste dien en dit sal julle met vreugde vervul omdat julle sal voel dat dít die lewe is. Vra maar vir al MY skryfknegte, hulle geniet wat hulle doen met oorgawe en sal dit nooit wil verruil nie, al gaan dit soms dol terwyl hulle vir MY werk. Net so sal dit vir elkeen van julle so wees en al is daar baie nadele daaraan verbonde, sal jy jou werk vir MY met vreugde doen. Weet ook dat die nadeel wat daaraan verbonde is, net aards is en dat vir elke nadeel op aarde, daar ‘n miljoen voordele sal wees as beloning vir jou harde werk. Maar een ding moet julle altyd onthou en dit is dat EK die Een is wat die krag en die opdragte gee en niemand kan self kies wat en hoe hy dit wil doen nie. Moenie jaloers wees op mekaar nie omdat jaloesie nie gepas is by MY kinders nie. Wees tevrede met die werkie wat EK vir jou gee en onthou dat elke werk, al lyk dit vir julle hoe groot, eintlik niks is nie en dat EK alles SELF kan doen en nie mense nodig het om dit vir MY te doen nie. Maar julle sal die selfwerksaamheid herken en dit geniet en julle sal weet dat Ek aan die stuur van alles is wanneer julle vir MY werk. Selfs MY skryfknegte kan maar gaan sit met die pen in die hand of voor die rekenaar en wanneer EK nie aan hulle iets wil dikteer nie, sal hulle sit tot in ewigheid en niks ontvang nie. Daarom moet julle nie opkyk na hulle nie omdat hulle alles van MY ontvang en dit alles MY krag is wat hulle lei en die weg vir hulle oopmaak. MY kneg, Dirk het ‘n werk gehad nog voordat EK MY skryfknegte opgewek het en dit was om MY vorige skryfknegte, van ander era’s se werke te publiseer en eers later moes hy MY skryfknegte van nou, se werk publiseer en aan die mense gee. So, nog voordat Ek skryfknegte in hierdie land opgewek het, het hy al sy werk gehad en daarom moet julle weet dat elkeen sy werk op die gepaste tyd kry. EK sal nie een van julle vergeet nie en julle sal almal vir MY en julle naaste op ‘n spesiale manier dien. Dit is ‘n belofte aan almal wat verstoot voel deur MY.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205