DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 8

25 Feb.2008   07:31

MY kind, MY Leeuwyfie sal binnekort met die werk aan haar toegesê begin en julle sal stom van verbasing wees wanneer julle die werk aanskou. Elke mens het vir MY ‘n werk om te voltooi en dit sal so gedoen word soos wat EK dit aan daardie persoon bekendmaak. Julle sal elkeen van MY so iets ontvang om te doen en elkeen sal sy werk vir MY geniet. Die genot van die werkverrigtinge sal voortspruit uit die Liefde vir MY en hoe liewer julle MY het, hoe meer sal jy jou werk geniet, asook vervulling in die arbeid verkry. Daar is so baie dinge wat nog gedoen moet word en EK het elkeen van julle nodig daarvoor. Kom verklaar jouself bereid en jy sal dit ook voel- dat EK jou liefhet en jou werk seën. MY kinders, moenie lui wees nie en kom doen jou werk, al is dit ‘n aardse werkie wat EK jou opgelê het. Doen dit met trots, omdat dit EK is wat dit vir jou gee om te doen. Jy sal sien hoedat EK jou seën en omdat jy MY gehoorsaam was, sal jy MY kan sien as EK na jou kom. EK sal elkeen se geestesoë open sodat hy kan sien wat dit is wat hy sal ontvang van MY sodat dit hom nog meer sal aanspoor om vir MY te werk. Weliswaar sal jy nie heeltemal kan sien wat EK vir jou berei het nie, maar jy sal weet dat dit iets groots is, en dit net omdat jy vir MY gewerk het, al is dit aardse werk. Die mense wat Nehemia gehelp bou het aan die muur van Jerusalem, was buitengewoon geseënd en kon van pure blydskap amper nie meer fokus nie, want EK het aan elkeen van hulle in die gees gewys wat hy sal beërwe vir die aardse werk wat hy vir MY verrig het. Dit sal vir julle ook so wees as julle alles insit en vir MY werk tot die dag verby is. Hier word gepraat van die mense wat aan MY Herberg bou. Ontwaak in die vreugde van handearbeid en wees verseker dat dit vir julle elkeen tot groot voordeel sal wees. MY volk, EK sorg vir julle op ‘n manier waarvan julle nie eers bewus is nie, omdat EK vir julle ‘n herberg voorberei waarin EK elke opregte Boer in sal laat bly. Julle sal dan almal bymekaar wees om so MY GEES te kan ontvang en EK sal elkeen wat daar kom woon, so seën dat hy MY sal hoor en sien op die regte tyd, waarop sy siel altyd gewag het. Almal wat daar sal wees, sal dan ook deur MYSELF daarheen gebring word en as jy ook daar wil wees waar al MY ander skape is, moet jy net vir MY in gebed vra en EK sal jou daarheen lei. MY kinders, hierdie is iets waarvan EK niemand nog ooit vertel het nie, omdat dit die planne wat EK vir MY volk gehad het, in die wiele sou ry. EK is almagtig en het  dit daarom goedgedink om niemand voorheen hiervan in te lig tot op die regte tyd nie. Dit is egter nou die regte tyd en daarom vertel EK dit vir julle. Julle wonder nou hoe iemand MY planne in die wiele kan ry, aangesien EK dan Almagtig is en MY planne sal vir altyd staan, maar wat EK bedoel is dat MY mense dit van oral af moeilik sou kry en dit hulle geestelike groei sou belemmer het. MY planne sál altyd uitwerk soos wat EK dit wil hê, maar die geestelike groei van elke mens hang van homself af en daaraan kan EK dan niks doen nie. As MY planne te vroeg uitgelek het, sou min mense hierin geglo het en MY kneg, by wie dit gebeur, sou dan nie geglo het nie en hy sou by MY kom huil het om MY planne te verander. Nou is hy egter ryp genoeg om dit te kan verdra en het hy MY bevel en MY opdrag aan hom met ope arms aangegryp, al is dit vir hom vermoeiend. Vir julle elkeen wat hier lees en met ‘n rein hart dit begeer om ook daar vergader te word sal dit dan ook so geskied omdat EK julle SELF daarheen sal bring. Julle moet net gelowig bly bid tot MY en EK sal julle almal daar bymekaar maak. Die rede daarvoor, sal EK later aan julle bekend maak omdat EK sien dat baie van julle dink dat EK wel MY GEES oral op iemand kan uitstort, en dit is wel so, maar dit is maar een van die redes dat EK almal daarheen neem en later, wanneer julle dit beter sal verstaan, en dit is nie meer vêr nie, sal EK dit beter vir julle uiteensit. Glo MY net en vertrou dat MY oordele altyd reg is. Dit is vir julle almal se beswil dat julle daarheen moet gaan en EK sal elkeen op die regte tyd daarheen neem. Dit is ‘n belofte van MY, julle Skepper en Vader, wat elkeen ewe liefhet.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205