DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 9

25 Feb.2008  07:56

Dit was in die dae van Noag dat daar sekere mense was wat MY uitbundig uitgetart het. Die mense van daardie tyd was buitengewoon boos , soos wat julle almal alreeds weet, maar het hulle nie eintlik aan MY gesteur nie, behalwe die paartjies wat MY kneg Noag nie kon uitlos nie. EK het aan MY kneg en kind, Noag die opdrag gegee om die ark te bou sodat hy en sy gesin veilig kon bly terwyl EK die wêreld in haar eie oordeel laat versink. Daar was sekere mense wat met Noag aanhoudend en dag en nag die spot gedryf het. Noag het geduldig en sonder om kwaad te word, die slae van hulle gevat en het net in sy hart met MY daaroor gepraat. Daar was niemand wat in daardie dae meer in sy hart na MY kon kom behalwe Noag en sy familie nie. Die ander was almal verstandsmense en mense wat net op winsbejag uit was. Maak nie saak wat Noag vir hulle gesê het nie, en al was sy redes vir die bou van die ark hoe oortuigend, dit was met groot gelag gade geslaan en ook gebreek terwyl hy en sy gesin die sabbat gevier het. Ook terwyl die normale mens geslaap het, het hierdie booswigte MY kneg se werk gaan vernietig en moes hy en sy seuns weer van voor af die werk begin. MY kinders, in hierdie dae is daar nog steeds sulke mense en hulle poog ook om MY werk in die wiele te ry sodat daar niks van kan kom nie, maar soos wat EK in die vorige hoofstuk gesê het, sal MY planne altyd slaag en niemand sal MY onderkry nie. EK sal altyd doen soos wat EK wil en niks sal My kan keer nie. Wel weet julle almal wat dan nou ook op die einde van die dag gebeur het, en hulle het almal verdrink omdat hulle nie in MY woord geglo het nie. Nou sal dit dan ook so gebeur in die moderne ark wat EK vir MY kinders berei en die mense sal ook kom met hulle spot en MY knegte so probeer oortuig dat hulle die bou van die herberg moet staak. EK sal MY herberg egter beskerm en die persoon of persone wat sal kom met hulle vernietigingswerk, sal deur MY SELF gestraf word sodat MY herberg nie skade sal lei nie. Niemand sal ‘n hand lig om een van die stene af te gooi wat alreeds gebou is nie en dit sal bly staan. Julle sal later almal vir MY dankie sê, al weet julle nie nou waaroor dit gaan nie. EK sal julle almal daarheen neem soos wat EK al voorheen en in die vorige hoofstuk gesê het en dan sal julle die volle implikasie van MY herberg verstaan. En dan sal julle MY, julle Vader wat altyd voorsien, daarvoor dank. Ook wil EK vir elkeen wat by die Herberg is sê, dal julle nie die aanslae van die bose so teen julle, moet vrees nie omdat dit net MY manier is om julle sterk te maak vir die toekoms. Niks sal met julle gebeur nie, en al gaan dit soms rof daar, sal MY Hand julle nogtans seën en julle behoed en in die grootste vrede sal julle almal daar saamwoon tot die tyd aangebreek het vir MY volgende planne. MY kinders, vertrou MY net en laat los julle aardse goedere en kom. Kom na die plek wat EK besig is om vir julle te berei en kom skaar julle by MY kinders wat alreeds daar teenwoordig is. Daar is baie goeie redes daarvoor en julle sal MY prys wanneer julle alles weet en wanneer EK alles aan julle openbaar het. Al wat julle moet doen is om MY bo alles lief te hê, jou aardse goed op te gee en EK sal jou dan SELF na MY herberg bring. Met al MY liefde sal EK MY volk daarheen lei en julle sal ‘n skaar verlostes wees wat daar bymekaar is. Dit sê die Groot Planmaker aan julle, wat deel uitmaak van MY Verlossingsplan hier aan die Suidpunt van Afrika. Al MY liefde aan julle, MY uitverkorenes.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205