OPENBARINGE AAN NALIZE VAN WYK
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3.

Innerlike Woord aan Nalize van Wyk:

DEEL 1

17/2/2008     19h43

Gaan in vrede, My vrede gee Ek julle.

My hartedief, jou het Ek so lief,

My kind, My dierbaar kind,

Met vrede vul Ek jou, omvou Ek jou, bemin Ek jou.

 

Soek allereers die Koninkryk van Jah,

Soek na die Wil van die Vader.

Alles wat nodig is, sal die Vader dan

Vir julle gee in Sy oorvloed.

 

HalleluJah! Ere in die hoogste Hemele!

Amen.

17/2/2008     19h48

Bemin My bo alles, word rein,

soek My eerste dan sal Ek jou maak,

My blom wat in volheid van Bo kom.

Rein, eersteling,

Soeter as wyn, bring my kneg My woorde.

 

Liefdevolle Vader, as ons tot U nader met ‘n diep ontsag,

Slaan ons gunstig gade, skenk ons U genade as ons op U wag.

In El die El wat ons beveilig, voel nou ons hart opnuut verblyd

En op Sy naam ontsaglik heilig, vertrou ons tot in Ewigheid.

 

Goedertiere Vader, hoor ons as ons nader met ‘n diep ontsag,

Slaan ons gunstig gade, skenk ons U genade as ons op U wag.

Hoor, o Israel, hoor, jou Koning kom, hoor! Amen.

17/2/2008     19h52

Soekend, rustend, verkwikkend, eersteling, Saron –

Juig - jubel in jou Meester en Koning. HalleluJah!

Eerbetoon aan die Lewensboom, Bron van Krag en alle mag.

Bedaar, jou Koning kom gou om aan jul volk te bou.

Soek Hom altyddeur! Bemin Hom oor en weer.

Dank Hom vir Sy genade, skenk Hom geen misdade! Amen.

17/2/2008     20h11

Kyk die Koning kom na jou Jerusalem

Eer Hom, soek Hom, vind Hom, tesaam

TER WILLE VAN SY NAAM.

17/2/2008     21h48

Uit die Leeu sal verrys, My Huis –

Saron, blom van Jah.

17/2/2008     23h03

Word sag, want daarin lê jou krag

Met My mag sal elke vyand wag

Om op My kleintjies prooi te maak.

Soek My dag en nag

Want nie meer lank is daar te wag

Voor die Groot Nag.

 

Die ure tel verby

Soos wind oor die aarde en mensdom gly.

Kom na My, hoor My roepstem, kom!

 

Ek dra julle vlugvoetig voor die vyand uit

om strooi te maak van elke onding

Let op na My Woord, want Hy kom gou

En moenie die ure verbrou.

 

Soek My en vind My met krag

Want daarin sal jul als vermag.

Ek dra julle op arendsvlerke

Oor berge en dale

 

Moenie vrees want Ek sal altyd

Met jul wees. Amen.

17/2/2008     23h16

My Liefde dra jou op vleuels

En dit bring mee, vrye teuels.

Soek na My krag

Elk’ dag en nag

Want Ek kom jou vergader

Al nader aan My sy.

 

Dank YHWH vir U genade

Onmeetbaar, eindeloos skoon.

Dankie vir U jubelsange

Waarin ons met sielsverlange

Reukwerk laat opstyg in U oor.        (Die laaste reël is ook bevestig as dat dit so gegee is)

 

Voor U sal elk’ mond getuig van werke en woorde deur U geuiter – maak nie die werk af, doodluiters. Soen My aangesig met vreugdesange en kom, My Bruid na jou Maker! Hier is die Lewende Water wat elk’ fontein sal vul. Bied jou aan as stom-verbysterde eie ek en vind in My jou ware droom – jy sal ewig by My woon.

 

Dankie YHWH! HalleluJah!

 

Seëvier met nuwe ywer, sal elke Israelkryger wanneer die vyand voor My aangesig, keer op keer sal swig. Ek roep jou tot my diens, my troue blom om voor MY aangesig na My te kom. Weerhou hierdie Woord nie van My Israelvriende wat in liefde gedy. Ek praat met jou, My enige blommekind wat voor My sal lofliedere begelei. My vreugde lê in jou opregtheid om My volk met dank te besiel vir hul koning en Vader, Immanuel, hul Vors. Glo My!

 

HalleluJah! Dank YHWH alom! Hy gaan gou weer kom.

 

Frans, my kneg, sal met suiwer siter sy weg verberg, sodat elke mens met nuwe ore My lofgesange bring. Mag hy ook opnuut verblyd hierdie woorde van My eet. Ek min hom net soos vir jou , sy sussie. Dank My vir My genade wat jul ook vergewe – alle misdade. Ek dra met vreugd’ jul las, want voor jy My kon vind, moes Ek ook breek deur jou glas. Ek dra jou en min jou en soen jou voorhoof teer, omdat jy My in jou hart begeer. My bruid uit My Sionskind uit, jou paaie lê wyd, maar jy’t My gevind en Ek sal jou met koorde aan die Anker bind dat jy nie vergaan in die stormsee wat nou gaan taan in glorie, maar opnuut gaan gedy.

Vader, besoek ook My geliefdes dat hul U liefde kan herken?

Ja, My kind, Ek het geweet wat jy vra voor jy kon, maar Ek sê vir jou dat elkeen wat soek sal vind en elke deur wat klop sal oopmaak en elke mond wat getuig sal juig! Verbly jou in jou Losser, o Israel wees bly. Hy verkondig al ons deugde en maak ons vir ewig vry. Dra jou hart aan My op dat Ek elk onsuiwerheid kan stop. Ek vra net onverdeelde ootmoed en nederigheid van my knegte, sodat Ek jul kan gebruik in MY diens. Geen haar op geen hoof sal val sonder My wete, het Ek al vertel, maar Ek sê vir julle – geen haar sal geskaad word op die hoofde van Myne wat My liefhet en bemin. Versterk julle daarin.

Voor jou uitgestrek lê vlaktes en valleie, berge en dale van ewige liefdes-ruimtes.

Kom lê jou voor My voete en bind jou hande en voete tot My Weg. Ek sal die stryd vir jou veg, My Sionskind. Wees nie deur die oormag verblind. My Liefde omvou jou, teer. Ek roep jou weer ‘n keer. Kom na My! Amen.

Sing en jubel, prys Sy grote Naam. Hy sal ons voorwaar voor Hom versamel. Trap ons drumpel deur, my Vader, dat ons U liefde begryp en dít ons harte beset in alle tye wat kom. Dra ons in U hart en vervreem van ons die gevoel van smart oor bates en laste wat bekommernis bring. Ons roep U aan in smeking en wil U grote Naam besing, want helder soos die Môrester wil ons ook voor U skyn.

Lees My woorde, knegte van JHWH van die Leërskare en wees bly dat Ek julle aanhou bely. Onthou My deursettingsvermoë en GLO – Ek kom julle haal!

Bind My vas in jul harte met ‘n nuwe taal – dié van Liefde, sodat ek jou mag buig en breek om reg te groei, vir ewighede aan My sy. Amen.

Jaag dit na, My na, in jou doen en late, want in elke “bate” lê Satan uitgestrek tot die nate om jou te bind, My Sionskind, tot stom-verbysterde marionet in Sy web. Ken My in al jou weë, dan sal Ek jou paaie gelykmaak altyddeur. Besing My Grootheid en Almag opreg en vind daardeur jou Weg na My, jou Koning en Vriend, Hemelse Pa en Versoener – onverdiend. Ek min jou!

Glo die Woord van God, jou Saligmaker en Heilbewerker tot jy ervaar, Hemelse genot, saam met jou maats voor My aangesig. Pieter, kneg van Jah in glorie en My krag omhul, sing vandag ‘n nuwe lied, want vir ewig sal Ek jou beloon vir die werk wat jy in My Naam sal doen. Soek My en vind vreugde, want Ek dra jou nog van altyd af teen My sy om jou te verberg vir die Bose wat oor jou wil juig.

Dank My en groei in My soos jou meisie, vol lofgesange in Liefde, My Liefde, en Ek sal ook tot jul nader, wat my aanroep met ontsag. Ek slaan jul gunstig gade en skenk jul My genade, as jul op My wag. Vertrou en verbreek die sondelas wat jare al om vatplek smeek. Soen My met jul liefde en dankbare harte wat ootmoedig smeek om My beskerming en Ek sal jul bewaar en later vergaar (vergader) by My engeleskaar. Bedink dit en glo dit, weer herhaal Ek dit aan jou. Jy is my kneg wat bymekaar moet bring, My koring in My skuur en armkring. Ek dra jou en jy sal hul vergader om My Naam met sterkte te verbuig. Ek soek jou al lank vir My diens en glorie. Amen.

(Ek het met Vader bevestig dat hier nie na  die kneg Elia verwys is nie)


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205