OPENBARINGE AAN NALIZE VAN WYK
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3.

DEEL 3

Liewe lesers

Hiermee die skrywe aan my werkgewers soos van Vader ontvang. Ek was verstom en in ekstase tegelyk, want ek het nooit so iets verwag nie. Dankie, Vader en aan Hom al die eer.

My werkgewers het die bedanking aanvaar.

Liefde

Nalize

Geagte werkgewers,

Hiermee my bedanking om more my diens by die firma te beëindig, want Vader het My geroep en ek het gevra vir 'n wonderwerk wat My na Hom toe sou trek. Ek het Sondag gehoor, 20 Februarie, en daardie selfde aand diktasies van Hom begin ontvang. Ek sal later vandag die skrywes wat deur My pen van Hom af vloei aan julle ook pos en ek hoop om te groei dat My geestesoë geopend Sy weg aanskou. Ek sal dan verseker nie wankel of voortstrompel. Sy belofte was dat ek sewe dae moet vas, want ek kan Hom nog net hoor, maar Hy wil hê ek moet Hom in volheid aanskou.

 

Gisteraand het Hy my opdrag gegee om vandag middagete by die roomyswinkel te gaan wag. Hy wou My in die Gees ontmoet het Hy gesê. Oppad daarheen het ek gehoor dat Hy sag kom, onverwags, soos die vroeë moredou, min het ek geweet Hy wil met My trou. Ek het skrif in die wolke verwag, maar dit was wolkloos. Ek het 'n teken in die son verwag, want Hy het gesê ek moet opkyk en die son soek, maar ek kon nie die glans aanskou, toe wys Hy my dat Hy voor my kom staan en Sy hande op my skouers sit. Voor Hy verskyn het, moes ek eers om vergewing vra vir sondes wat Hy my uitgewys het as struikelblokke op my pad. Hy het herhaal dat ek dit in diepe berou moes doen. Toe ek

wou neerval om om genade gesmeek, het Hy my teen sy sy met die letsel gehou en my getoon dat engele om ons staan en sing. Hy het gesê dat Hy my daar wou ontmoet omdat dit is waar ek Hom opnuut gevind het toe ek hier begin werk het. Hy het my beklee met 'n skitterende wit kleed en kroon en 'n silwer-wit ring en gesê dat ek eendag by Hom kom woon, maar nou eers moet getuig en verseker vir Hom ly. My blydskap was onmeetlik en Hy het gesê Hy bevry my, ek moet saam met Hom kom. Daarna het Hy gesê ek moet kom tik,

Hy sal dikteer:

Jahshua dikteer:

Ek het my bloeisel skoon gewas en haar uitgehaal uit die poppekas waar marionette pryk om vir die wêreld suksesvol te lyk. Ek het haar by die hand gevat en geklee met skitterende wit gewaad, ek het selfs My kus op haar wange gelaat. Met helderder as sonstraal-glans het Ek haar as bruid begin voorberei, Sy dra My verloofring en skitterende kroon en Sy gaan eendag by My woon. Ek het gesê Ek sal aan haar dikteer, omdat sy My ook met hierdie daad moet vereer. Sy het gevra vir 'n wonderwerk en met My Liefde het Ek haar tot hier versterk. Dra My woorde in jul harte, want die groot EK IS kom gou. Ek wil so graag aan jul toekoms ook help bou. Laat My toe by die deur waar Ek staan en klop en gee liewer alle plesier op. Ek sal jou vervul, versadig en vergoed vir elke band wat jy kon breek vir jou Skepper. Deur My sal jy die krag kry om voort te gaan op die steil baan waar Ek reeds jou plaveisel is, deur elke bloeddruppel vir jou gely. Dit was grusaam, MY kinders, Ek sal dit tot in lengte van dae aan julle bely. Neem My aan, want Ek beweeg nader, maar binnekort sal die oorlog kom, dan raak jou kanse skraler.

Ek wil gevind wees, deur elk' "van Bo gebore" gees. Dankie vir die werksvoorreg waarmee jul, in harte vol liefde, hierdie kind kon vertrou. Ek het haar gelei en is nou die Weg om haar tot werk te bring in My hemelekring. Ootmoedig, nederig en eenvoudig sal dit op aarde wees, maar DIT vra Ek van 'n wedergebore Gees. Elia is al oppad, Ek kan hom na elkeen vat wat hom wou ontvang met My volmaakte Liefdeskus op elke wang, want Sy woorde sal Myne wees, Sy gees sal volkome wedergebore wees. Daarin kan jul hom herken, as sy woorde aan jul liefdesdrade rem. Jy sal klinkend kan speel soos 'n hemelse instrument as jy jou ook na My wend. Eer My volkome, want Ek is die Een.

Ek spreek deur My knegte en laat harte ween. Eendag is nader as wat almal verwag. Moenie hieroor lag. Dra jou naaste op aan My en Ek sal ook sy hart berei om My in Liefde te ontvang, na Ek jare al daarna verlang. Die tyd hiervoor het aangebreek, want in elke stad loer Satan om op Myne te wreek. Hy dink hy kan My hierdie keer oorwin, maar hy sal spoedig daarin besin as die aarde wankelend sy koninkryk afskud, soos blare op 'n herfsboom wat in drag misluk. Geen vrugte kon hy lewer om sy saad mee te verewig. Ek het egter Myne berei op die pad van verwoesting wat kom. Daarna sal hulle in My glorie alleen weer kan blom. Ek roep nou hierdie kind, KOM!

Weerhou haar nie vandag, want more sal sy haar tassie pak. Sy is bestem tot My werk, want daarin lê haar ewige huis. Groet haar met liefde en soek My ook self, dat Ek nie verdere verdiepings deur moet delf, na My diamante wat My glans moet dra as die lampe van dwase nie meer olie in hul dra. 

Ek bemin julle ook, soos sy, want liefde is die sleutel tot wat jy in ewigheid gaan kry. Amen.

 

Ek groet julle met liefde,

Nalize van Wyk


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205