NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

BOEK 1

NATUURKATASTROFE

19/2/2008     0h45

In daardie dae het die mense afvallig en goddeloos geraak en daar was net een manier om die aarde te suiwer. Eers was daar net water, maar nou sal dit wees deur vuur.

 

Hoofstuk 1

 

Soek na My terwyl Ek nog te vinde is, want die dag sal kom dat Ek Myself van die mensdom gaan onttrek. Op geen manier sal hul MY dan kan vind of liefhê as hul My nie vooraf in hul harte ontvang het nie. Ek klop sag en bring brood vir dié wat oopmaak. Reinig jou, sodat Ek ook jou hart WIL betree. Rig jou blik op My en word bevry van elke sondelas en dood. Ek sal jou sake bestuur, sodat jy elke moontlike tydjie op My skoot kan kom sit dat Ek jou weer op kan rig en versterk vir MY werk. Jy is net hier om My opdragte uit te voer in Liefde, want om geen ander rede sou Ek jou die jare se beproewing laat deurgaan om net nog ‘n lewe oor te gee aan Satan nie. Hy is jou nie werd nie, My kind. Behaag jou in My, want Ek is jou Bron van Krag. Die dae gaan kom dat Satan listig gaan rondloop soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind. Sy kake sal oopstaan en sy tande geslyp om die bloed van My kleintjies te vergiet en te vernietig, maar hou vas aan My woorde, want Ek kom dan nie meer oor lank nie. Versterk jou in My liefde en huidige teenwoordigheid, want daarin sal jou krag lê.

 

Op die dag dat die aarde waggel en ronddraai soos ‘n dronk man, sal Ek My kleintjies onder My vlerk versamel, sodat niemand en geen watervloed of gebou op hulle trap nie. Ek roep julle by die Naam, dogter van Sion, jy is Myne. Roep My voortdurend aan in julle harte, want daar is Ek heeldag te vinde. Ek wag geduldig om ingenooi te word, sodat Ek kan spreek met nog ‘n gewillige kneg.

 

Nie in glansrykheid en glorie besoek Ek julle nou, maar in die eenvoud van ‘n Mensehart, Adamskind.

 

Ek verheug My van harte in jou Jerusalem, dat jy op jou Vors se roepstem ag slaan na jare se oortreding en hardheid. Ag jouself bevoorreg om My naby jou te hê. Want Ek bly die Ewige Skepper van Liefde wat Hom nou weer tot Myne op die aarde wend.

 

Verseker sal die dag kom dat jy jou hardheid gaan berou, maar kom nou na My dat jy kan ophou ly. Ek het vir jou sorge gesterf, dat jy die lewe saam met My kan verwerf. Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205