NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 10   

19/2/08        12h42

Jy is Myne, Ek het jou by die naam geroep en as jy My hand vat sal Ek jou lei na die ewige. Joune sal wees ‘n bestemde huis vir jou berei en definitief geen aardse gehuggie. Hê My lief as jou Man, jou Hartedief, jou Eerste Liefde – Ek verberg in Liefde jou vergete misdade as jy poog om met volharding rein na My te nader.

 

Soekendes sal vind, al lyk hul in die wêreldse oë blind. Ek het My Woord bekendgemaak en Hy sal vir altyd bly staan, sonder dat duister voor Hom begaan. Eens het Hy My verteenwoordig en Ek het Hom gevul nadat Hy moes ly. Sekerlik sal Ek elke ander sterweling tot voor My troon kan bring. Reinig jou dat Ek kan kom om jou te pluk as My lieflingsblom. Spoedig bring My knegte niks meer as Ek met elkeen wat wou hoor begin praat en hul die eie ek totaal agterlaat.

 

Dank My vir hierdie genade, want dit is nie net ‘n beskorene se gawe. Jy kan dit bereik as jy jou weë rig om te seëvier in My liefdesplig. Ek sorg vir elkeen wat My aanroep as Vader. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205