NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 12   

21/2/08        5h00

Ek wíl jou ken. Jy kan nie vir ewig aan die pen ry, soos julle sê, omdat jy met ‘n verharde gemoed net wêreldse vreugde en vrede soek. Iewers gaan jy jou in sy valsheid vasloop en smeek dat My Gees jou herdoop tot wassing in My bloed om vir jou skuld te vergoed. Ek kan jou nou al uit die slagveld haal, maar jy moet eers begryp waarmee het Ek daarvoor betaal, want jou keuse ag Ek suiwere geluk vir My Gees as jy besef dat Ek jou onregspaaie na die volmaakte kan wend.

 

In hoeveel verlate vlaktes lê My skape verstrooi en probeer hul versadig met wêreldse hooi? Ek het lowergroen vlaktes met My water gevoed om jou op neer te lê om vir jou lyding te vergoed. Ag dit suiwer genade, My kind dat Ek nie vernietig, maar net vergeld na dade.

 

En daar was Lig – so het My skepping ontstaan, sodat geeste nie sou vergaan. Elke môre is daar weer Lig om geestelike nag vir jou op te klaar. Soek My in die vroeë môre, sodat jou lewe in My Lig bly groei. Getuig van die suiwering wat jou hart opnuut vir My laat bloei. Myne behoort aan My en moet gehoorsaam hulle voete rig op My uitgekapte pad, besaai met dorings van Satan om jou te weerhou, maar as jy in geloof bly voortbeur sal manna op jou reën, want jy loop hierdie pad van die begin af nie alleen.

 

Ek sit op Jahshua se skoot met My gesig teen syne en Hy wys met ‘n uitgestrekte wysvinger en hand die stede wyd en groot onder ons en daar val vuurballe (stukke brandende materie) op die stede en breek dit af in brandende puin.

My kind, hierdie is die oordeel wat Ek oor Babilon fel. Sy word omskep in ‘n kleine hel, want Sy verhoog haar voor My aangesig en laat My kleintjies bleek soek na My Lig.

 

Skielik sal haar einde kom, maar beskut sal Ek hou – My blom, wyl die wêreld na asem snak, wanneer aanbreek, die grootste nag. Soekend, gewond en dronk van pyn sal sy tas na ‘n greintjie skoon lug, vertroosting of nog ‘n gebou van glas, dat Sy beskut kan toekyk op haar val, maar selfs haar raamwerk van uitkoms-opsies vee Ek van die baan.

 

Net Myne sal Ek hiervan ontruk, dat hulle nie in asemnood swik, maar met hernude krag eenkant, jubelend op My bly wag.

 

Daarna sal Babilon kou aan alles wat hy kon oorhou. Hard sal sy septer swaai om te vergoed vir sy verlore bohaai. My kleines, met My Woord versterk, sal dan begin met hul ooreengekome werk, om met slegs werke ander te bekeer, want My koms is dan finaal voor die deur. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205