NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 15

 

Die dae word verkort dat Myne behou wat hul ontvang in vroeë môredou. Slegs dié wat hul oë op die einddoel rig, sal nie versuim hul opgelegde plig.

 

Hard klop Ek al aan die deur en sommiges bly verhard, hul kanse verbeur. Nie een sal onkundig beleef wat Ek vroegtydig in Liefde hul gees wou leer. Trek aan die skoene van bereidheid en doen My Wil om te lewe. Ek is die enigste Weg tot Vryheid in die algehele ewigheid. Vry sal jul saam met My wandel, hand in hand My Woord bewandel. Hy sal voor-op staan om julle van elke aardse wet te ontdaan.

 

In jou hart sal jy My hoor as jou dade My nie meer bekoor. Jy sal berouvol en opreg jou verootmoedig as jy verstaan, hierdie weg. Neem My aan as jou enige Leermeester en word wys, dat jy net van My kan getuig. In jou doen en late, dag en nag, sal jy vervul wees met My krag. Ek sal jou barmhartig aanhoor en sorg dat jy nie die stem verloor. Die Gees sal dalk soms taan as jou voet gly van My baan, maar met ywer sal jy My weer soek en Ek hoor dan weer jou hulpgeroep.

 

Benut die tyd wat IS, dan vind jy in vernuwing jou rus. Behou jou sin vir herstel, dan sal jy My eer aan almal vertel. Groot is die dae wat kom, want Ek het berei, ‘n nuwe lenteblom. My kindjie, klein, sal van My wysheid leer en so regeer dat almal die ryk begeer. Ek sal een wees met hom en namens hom voltrek elke som, want dit is My bruid wat saam met My sal regeer. Leer nou elke dag meer om voorbereid te wees op wat kom, dan sal jy nie in skok en wantroue verstom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205