NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 16

 

Ek, alleen, is jou man. Jy moet jou afgodsgedagtes nou eensklaps verban. Ek kan nie jou hart deel met satan se geheuel. Eenvoudigheid is gewis die antwoord op die ryk man se benouenis. Gooi af die wêreldse las en haal al die speelpoppe uit jou oorvol kas. Kom dra net My Woord en alles sal vir jou akkoord. Ek begeer dat jy sal blom, want jy is saad wat uit My Koninkryk kom. Waarom wil jy aanhou meet en pas? Leer Ek nie dat jy net in My hand sal pas?

 

Satan se meetsnoere is krom en verdraaid en Ek sal net die regte Weg jou aanraai. Draai om en kom saam met My. Ek het alles wat jy vir vrede begeer en meer aan My sy. Liefde en maatswees, vreugde en geluk. Als as jy jou maar net na My Wil skik.

 

Bemin jou broer wat in opregtheid kom en liefde uitdra terwyl die wêreld daarin verstom. Wat wou met liefde vir die eie ek, dit vang jou vas soos elke goeie kerk. Bring jou offer aan My, in arme en wees, en Ek sal dat jy die liefde van ‘n weduwee wees. Waarom kom jy met ‘n halwe hart. Ek het met oorgawe jou sonde van My weggevat. Ek kan maar net toekyk as jy halstarrig is, want die keuse bly joune en daarby moet ook die engele berus.

 

Soek My gedurig, want in elke hart kan Ek regeer, waar My skepsel met Liefde volkome wil bekeer. Ek sien in genade aan en laat die oordeel daarop staan, sodat vrymoedig, My suiwere Leer, selfs verstrooides kan bekeer. Dra jou hart aan My op en nooi My nader as meer as net ‘n genadig Vader. Ek sal verseker jou by die hand vat en dra oor elke beproewing en nare gat.

 

Ek het jou lief. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205