NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 17

 

Waarom sal Ek aanhou roep as geen harte meer na My wil soek? Waarom sal Ek tyd vertraag as die oordeel neersak soos ‘n plaag? Waarom moet Ek My kleintjies laat ly as Ek veel beter as antwoord bely? Waarom sal die klok gaan staan as daar ‘n nuwe lewe wag na hierdie baan?

 

Ek verstom in eiekundigheid en waan van die “mensdom” as geleerdes beweer dat hierdie of daardie beter regeer. Waarom moet Ek toekyk in hoe dit misluk wat Ek sekerlik perfek gemaak het as ‘n meesterstuk. Natuur en melkweg vir goedere trou het jare My volk aan die lewe gehou. Nou draai die aarde om sy eie klein as en probeer die vuilheid met stuiptrekkings afwas. Ek kom eerder gou en verkort die tyd, sodat liefling en suigeling My eer weer besing.

 

Draai jou weg van die ryk waarin Babilon pryk, want die dood lê verskuil agter elke nul. Ek is die Lewe – dis waarna jy moet strewe. Werk vir My en Ek beloon met Brood en ‘n Ewige kroon. Seker sal jy gou uit die wêreld verkas as jy verstaan waar jy eintlik in My einddoel inpas. Behou jou plek in die harte van geliefdes wat reeds Lewe, want daarin verstrik jou sorge en raak jou verlede vergewe. Leer My liefhê, want Ek het jou eerste bemin. Jy sal jou juigend verbly in ewe-geeste wat My goedheid besing. Dra My ander aan My in liefde op, en dalk gou, breek ook hul klipharde dop.

 

Dringend kondig Ek die einde aan, in ‘n taal wat ieder en elk sal verstaan. Ek nader in Liefde en vergader gou, sodat die maan nie opkom oor hierdie lentedou. Voor die dag van môre sal breek, sal die Waarheid jou omvou met haar kleed. Jy is Myne, My kind, in Liefde behou vir die dag waarop jou getuienis oë slapeloos moet oophou. Dra die Woord uit aan ander wat oningelig beplan aan die weë wat hul bedink vir ontspan. Ek trek hul met koorde al nader aan My en hulle sal weldra self My Grootheid bely. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205