NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 3

My kind, jy wonder nou oor die woorde van nou-net, maar berus daarin dat Ek al die antwoorde het.

 

Die maan sal verflou en die sterre sal val, maar nogtans bewaar Ek My geliefdes in die heelal. Die maan sal verdonker en sonlig sal nie meer te siene wees wanneer Ek besoeking kom doen op die vyande van My volk. Eens het hul met oorwinning en Satanslag gejuig, maar sal dan van My Almag moet getuig. Dit bly ‘n grootse wonder dat Ek aan jul sal dink in die benoudheid, want aan elke ander kom dan toe, ‘n ewige koudheid.

 

Hy is ons Bron van krag, Israelvriende wat Sy werk gaan vermag. Loeiend sal winde en water om ons vloei, maar in ons harte sal ons juig en ons met die Heilige van Israel bemoei.

 

Nog ‘n rukkie sal sy asemhaal en dan gaan Ek die kom haal wat van verstomming wil beswyk – na My in die ewigheid. Soet sien hulle neer op die wat My bly begeer. Ek kom verseker na elkeen wat My in stilte aanroep, want Ek sal nie My skapies vir ewig bedroef. Die vyand sal verloor – Sy grootste troef, naamlik mag oor die siel, want jul sal spoedig tot My bekeer.

 

Ek kom weer, My skapies, verheug jul daarin, want jou Koning kom sonder meer na Jou. Open jou hart en saag af die deure dat Ek en jy vir ewig in mekaar se teenwoordigheid bly. Ek sal jou ook belei voor die regterstoel en Ek sal selfs so aan die geringste doen. Pak My nie weg, diep in jou hart, maar skryf My in hoofletters oor als wat eers belangrik was. Ek kom stil, maar maak My woning in ‘n ontvanklike hart en daar sal Ek heers as jou Koning.

 

Gehoorsaam My in opdragte, want daardeur word jy nederig en sal My voorsiening aan elke behoefte aanskou. Ek praat nie verniet nie en kan tug nie verbied nie, wat Ek kan net gehoorsame knegte gebruik. Luister as Ek praat, My kind. Ek het jou lief. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205