Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

VOORWOORD
Niks is meer ondankbaar as om openbarings te publiseer waarin die mense op onvermydelike gebeurtenisse, katastrofes en tye van nood gewys moet word nie. Die ontvangers van hierdie openbarings, die uitgewers en die verspreiders moet almal op verwerping bedag wees. - Hulle word geminag en bespot, ja selfs bedreigings word teen hulle uitgespreek. Hulle kry reeds nou `n voorsmaak van die komende geloofstryd.
Maar omdat die knegte van God aan Hom meer gehoorsaam is as aan die mense, wil hulle ook ten spyte van alle moeilikhede trag om God se versoek te beantwoord, naamlik om Sy aankondigings deur te gee aan hulle medemens in die hoop dat enkeles hulle nog steeds deur die stem van God sal laat aanraak, en hul lewenswandel sal verander om navolgers van Jesus Christus te word.
Die mense wil egter nie aan hulle sondige lewenswandel herinner word nie. Hulle glo liewer aan `n beter aardse toekoms, wat hulle met behulp van wetenskap en tegniek vir hulself kan bou.
Omdat God die mense steeds `n groot mate van wilsvryheid gee, so skenk Hy ook tot die einde van hierdie verlossingsperiode die mense `n vrye hand; Hy laat selfs toe dat Sy volgelinge deur die mense wat aan Sy teenstander behoort, steeds meer verdruk en vervolg sal word.
Hy sal egter op die hoogtepunt van die verdrukking Self kom en die wereld weer in korrekte bane lei, en dan weer Sy ordening op die gereinigde aarde herstel.
M. G.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205