Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GROOT DROEFNIS VÓÓR DIE EINDE
B.D. 4883 - 22 April 1950
Die mensdom sal in `n groot droefnis beland, waar hulle ookal mag wees, wanneer die laaste nood aanbreek wat die einde sal voorafgaan. Elke nasie sal leed en verdrukking ervaar, gedeeltelik veroorsaak deur die menslike wil en gedeeltelik deur die invloed van die natuur of deur noodlottige gebeurtenisse. Maar oral sal die mense geleentheid he om hulle in diens van die naasteliefde te stel. Want oral waar nood is, kan dit versag word deur mense, wat deur hulle liefde wil en kan help.
Alle mense sal deur leed getref word, uitgesonderd hulle wat krag van benede ontvang. - Wie se harte so verhard is dat hulle vir die teenstander van God geval het, en buitengewoon deur hom in ag geneem word. Die kontras tussen die goeie en die bose sal oral sterk na vore kom en sodoende word sal `n geestelike stryd ook oral gevoer vir die siele van die mense, alvorens die einde sal kom.
Daarom wek die eindtyd deur geestelike invloed alle neigings in die mense op, en sowel die goeie asook die bose sal ooglopend merkbaar wees.
En daardeur sal `n duidelike skeiding te siene wees, want die goeies sal hulle van die boses afsonder en tog in haat vervolg word, waardeur die verdrukking van die goeie, (dus die op God vertrouende mense) steeds groter sal word. Dit sal `n buitengewone groot nood beteken.
Die woorde van sieners en profete wat hierdie droefnis aankondig voor die eindtyd, sal oral toepassing vind. Slegs die beweegredes vir die droefnis sal nie oral dieselfde wees nie. Maar oral sal hulle die geeste skei, en daaraan sal die tyd van die einde herkenbaar wees.
Die aarde en die geestelike Ryk is die doel van die strewe van die mense. En wie die wereld met haar goedere vir hulle as doel stel, is vir die geestelike Ryk verlore; want hulle huldig die wereld, en dus ook hom wat die wereld regeer. En dit sal merendeels van die mense wees wat hul blikke na die wereld gerig hou, want die geestelike Ryk het maar weinig aanhangers. Dit is maar `n kleine kudde gemeet aan die hele mensdom, wat bewustelik of onbewustelik na God streef. Die wat van goeie wil is en die bose verafsku. - Daarom sal die aantal mense wat na geestelike rykdom streef, steeds kleiner word.
Hulle sal deur hulle medemens bespot en uitgelag word tot die duiwelse in die mensdom tot deurbraak kom en die duiwelse sodanig tot uiting kom, dat mense vyandig sal optree teen almal wat aan God getrou bly en standvastig in geloof is. En daarom begin `n droefnis soos wat die wereld nog nooit tevore beleef het nie.
Oral sal die bose die oorhand kry en die goeie sal onderdruk word, oral sal die bose swelg en die goeie gebrek ly. En ten laaste sal ook die lewe in gevaar wees van hulle wat aan God getrou sal bly, want hulle sal geen goeie beskerming he nie, omdat die mense die wette sal verander. Die reg sal nie meer aangeneem word nie, slegs die mag van die sterkste sal daarom nog geld. En hierdie mag is by hulle wat hulle deur hulle gesindheid aan Satan gewy het. Vir die tydelike lewe sal hulle deur hom begunstig word, want daarvoor verkoop hulle hulle siele aan hom. Hulle maak hulle daardeur tot meesters oor die swakkes, aan wie hulle deur Satan aangespoor sal word om al die bose te berokken, en van wie hulle alles sal ontneem wat hulle aards nodig het.
Die droefnis sal so `n omvang aanneem, dat die gelowiges buitengewone kragtoevoer nodig sal he en ook sal verkry, omdat hulle nie sal beswyk in die laaste stryd nie, wat egter maar `n kort tydjie sal duur. Want dit sal verkort word terwille van die weinige uitverkorenes, sodat hulle nie swak sal word deur die aansien van die ellende in eie geledere nie, sowel as die luukse lewe in die kringe van die teenstander nie.
Want daarom sal daar vir hulle verlossing van Bo kom, soos dit verkondig is. Dan sal die Heer Self kom in die wolke en redding bring aan almal wat aan Hom getrou gebly het.
Dan sal die droefnis beëindig word, en `n nuwe lewe op aarde sal begin. Die getroues van God sal hulle loon ontvang, net soos wat die kinders van Satan gestraf sal word. Want die regverdigheid van God verlang vereffening. En dit sal dus gebeur soos geskryf staan, die Heer neem Syne na Hom toe en plaas hulle in `n Ryk van vrede. Hy sal `n streng oordeel oor alle sondaars hou en hulle sal ontvang wat hulle verdien. En die nood op aarde sal ten einde wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205