Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GELOOFSTRYD - TYD VAN NOOD. DIE KRAG VAN DIE GELOOF
B.D. 5285 - 31 Desember 1951
U trou moet blyk in die komende stryd. U, want die wat in My glo sal ook die tyd van nood kan deurstaan, want u vra My om hulp. Maar sonder bystand sal dit moeilik vir u wees om met die lewe te kan aangaan. Tensy u die krag van benede van My teenstander sal aanvaar, wat iedereen ondersteun wat hom dien en `n dienaar van die wereld wil wees. Wie egter die weg na My toe vind en in My nabyheid bly en My bystand afsmeek, die sal wonderbaarlike krag ontvang om ook die swaarste te kan verdra, wanneer dit ook vir hom sal tref, vanweë die ongelowige medemense. Hy sal ook te midde van aardse nood beskut en onaangeraak bly as dit My wil is, omdat die mens wat My soos `n kind glo, My bystand kan verwag.
Daar sal `n swaar worsteling - aards sowel as geestelik wees, want die aardse nood sal ook hom wat na die geestelike streef, ontstel. Maar net totdat hy die innige verbinding met My herstel het, en die krag van My Gees hom kan deurstroom. Dan sal hy elke nood en elke gevaar onverskrokke in die oë kyk, want daarom voel hy My teenwoordigheid en dit kan hom meer beangstig of bedruk maak.
Die einde kom steeds nader, meer tekens wys steeds daarop en die stryd tussen lig en duisternis word steeds duideliker. Die knegte werk steeds yweriger in My wingerd, en steeds word die gevaar dreigender waarmee die Antichris die gelowiges bedreig. Want Satan weet dat daar nie baie tyd meer vir hom oor is nie, en sy aktiwiteite in die komende tyd is duidelik.
Maar weer maak Ek u steeds daarop opmerksaam, sodat u nie sal wankel in u geloof as daar van u gevra word om My te verloën en u in die plek daarvan `n lewe van genot en welbehae belowe word. Laat u nie verlei nie, want daardeur sou u `n slegte ruil maak.
U mag nie vergeet dat die einde naby is nie, en dat daar niks sal bly bestaan van die wereld en haar aardse goedere en vreugde nie. Het u egter u siel aan My teenstander verkoop vir hierdie aardse goedere, dan bly daar aan die einde niks vir u oor nie as die verderf en `n eindelose tyd van ellende en hardste gevangenskap. Gee vrywillig en met vreugde op wat mense van u wil neem, maar bly tot die einde toe getrou aan My, en u getrouheid sal koninklik beloon word. Ook in die komende tyd van nood is My bystand aan u verseker, sodat u alle probleme sal kan dra. Bowendien sal die tyd van nood nie lank duur nie, want Ek sal die dae verkort terwille van Myne, en wat verkondig is in woord en geskrif sal mekaar baie snel opvolg.
En sodra die beslissing van u gevra word vir of teen My sal die nood wel groter word, maar daarom kan u elke dag op My koms hoop. Dan gaan die aarde haar einde tegemoet, en daarom sal daar spoedig `n einde aan u nood kom. Dan sal die tyd kom dat My teenstander gekluister sal word, en met hom sy aanhang. Die tyd, waarin die ou aarde met haar skeppings opgelos sal word en `n nuwe aarde ontstaan. En daarom sal Ek kom in die wolke en u tuis bring in die paradys van die nuwe aarde. Dan sal daar aan alle nood `n einde wees, en u sal in vrede en saligheid lewe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205