Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE GELOOFSTRYD IS MEEDOËNLOOS. VOLHARD IN DIE GELOOF
B.D. 5324 - 27 Februarie 1952
Dit is dringend nodig dat u moet volhard in die laaste geloofstryd, want daar sal eise aan u gestel word wat u nie sonder `n vaste en onwankelbare geloof sal kan nakom nie. Baie sal vir u onoorkomelik lyk, as u geen beroep op My krag van die geloof doen nie. Want byna onmenslik sal die vyand van u siele teen u optree, en Hy sal die van hulle wat op aarde mag besit en daarby vol lis en boosaardigheid is, bedien en sal met almal wat nog glo, die stryd aanknoop.
Dit sal so `n openlike optrede van sataniese mag wees, dat u duidelik sal weet welke uur geslaan het. Dan weet u dat dit die laaste tydperk van die eindtyd is, en dat dit nog maar `n kort tydjie sal duur voordat u verlos sal word van hierdie mag; wat u egter nie sal kan skaad as u `n vaste geloof u eie kan noem nie. Die optrede van die vyand rig homself so duidelik teen My self, dat u reeds daaraan sal kan herken dat Hy sy wettige gesag oortree het. En daarom het Ek u verkondig dat die einde naby is. Want die mens is op die aarde om tussen twee magte te beslis, en moet daarom ook van die twee magte weet. Sodra `n mag die kennis oor die ander "MAG" verhinder, oorskry sy haar bevoegdheid en doen dit nie ongestraf nie.
Wanneer die geloofstryd nou ontbrand - dan word dit duidelik sigbaar deur die manier waarop dit gebeur welke mag aan die werk is. En hierdie tyd moet eers kom, omdat Ek nie ingryp voordat dit nodig is nie, om die siele nog geleentheid te gee tot verandering van wil en geloof, wat deur die optrede van die sataniese mag agterdogtig word en hulle daarom nog sal besin.
Die mense moet hard aangegryp word, want hulle luister nie meer na die stem van die Vader wat hulle liefdevol aanspreek nie. Die stem van Satan kan egter nog op sommige siele `n bepaalde uitwerking he en `n ommekeer na My toe veroorsaak, maar slegs as die mens nog `n vonkie geloof in hom het tot `n God, en hulleself eerder aan hierdie God toevertrou as aan hom wie se boosheid hulle nou herken. Die sterk geloof van Myne wat, ten spyte van die groot verdrukking, nie van My afvallig word nie, wat hoe meer hulle bedreig word, des te meer My Naam bely, sal hulle tot nadenke bring.
U moet u staal vir die laaste geloofstryd terwille van uself. Maar ook terwille van u medemens, wat u deur u geloof sal kan help om in `n God te glo wat wil help en ook sal help as die nood ondraaglik sal word; wanneer Satan sy werk volbring het, as Myne met die dood bedreig word en slegs Ek hulp aan hulle sal kan bring.
Dan sal Ek kom en Myne wegneem. Ek sal hulle nood en verdrukking beëindig, maar ook almal wat hulle teen My verset het, teregstel op die laaste dag van hierdie aarde. Dan sal daar `n geloof en geprys word deur Myne en die vrees van die dood by die ander. Dan het die dag gekom waarvan geskryf staan; dat Ek sal oordeel die lewendes en die dooies, die gelowiges en die ongelowiges. Want My Woord wat die waarheid is, sal vervul word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205