Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GELOOFSTRYD
B.D. 5779 - 30 September 1953
Die geloofstryd staan nog voor u, en vir hierdie stryd wil Ek u gewapend sien. Daarom is daar eerstens My groot sorg om geloof aan u te sterk en kennis aan u te verskaf wat aan u duidelikheid sal gee oor dit wat voorle en wat nog voor die einde sal kom.
Maar u moet in die einde glo om daarom ook alles verstaan, en om ook die geloofstryd te kan begryp wat vir elke mens van groot betekenis is. Dit sal nie alleen `n stryd wees wat na enige tyd sal eindig met `n oorwinning van die een of ander strydende mag nie. Dit sal `n stryd wees wat die aanhangers van Satan sal voer teen God. `n Stryd waar dit nie gaan oor aardse besittings nie, maar oor geestelike rykdom. `n Stryd waarin die siele sal moet beslis aan watter kant hulle hulleself wil stel. Want ofskoon daar ook skade aan die mense berokken sal word, sal die siel tog alleen maar oorwin of beswyk. En daarom strek die afloop van hierdie stryd hom uit tot in die Ewigheid.
Daarom doen Ek voortydig alles om die mense op hierdie stryd voor te berei, om hulle te versterk en om hulle belydenis moed in te boesem. Ek probeer om die leër van My "stryders" te vergroot. Nie omdat Ek wil oorwin nie, maar sodat hulle ook self die vrugte van `n oorwinning sal oes. Want Ek wil nie dat hulle ten gronde gaan en opnuut gekluister word deur My teenstander nie, en dan weer gevange bly vir `n eindelose lang tyd nie.
U, mense, bekommer u tans weinig oor die geloof. U is onverskillig oor wat belangrik is, naamlik die geestelike strewe. U moet eers geskud word om in erns `n standpunt in te neem ten aansien van die geloof. En dit sal gebeur sodra die geloofstryd ontbrand, want daarom word van iedereen geëis om My te bely voor die wereld, of My te verloën en op te gee. En daarom sal u eers `n standpunt inneem wanneer u toegewyd is, of My sonder sal bedenkinge opgee terwille van aardse voordele.
En omdat die einde op hande is, daarom is hierdie beslissing noodsaaklik. Nie vir My nie, omdat Ek van u wil ken. Maar u moet nog self eenmaal aangespoor word tot nadenke, omdat u dit nie uit uself sal doen as u nie deur `n wereldse mag gedwing word nie.
Daar is wel sommiges wat voor die tyd al daaroor nadink, en wat daarom ook My sigbare hulp ervaar, waardeur Ek hulle die herkenning vergemaklik. Tog is dit slegs weiniges, sodat Ek hulle getal sou wil vermeerder, omdat Ek hulle wil wys op die einde.
(1 Oktober) Maar hierdie weiniges sal nouliks geloof vind, want hulle wat geen geestelike strewe het nie, dink ook dat `n einde van hierdie aarde onmoontlik is. Maar die verskyning van die eindtyd sal nie sonder invloed by hulle verbygaan wat nog nie besluit het nie. Hulle sal nadenkend word en tot die geloof terugkeer, as hulle gedurende hierdie tyd goed onderrig sal word.
`n Goeie en waarheidsgetroue onderrig kan nog groot sukses bepaal, sodat daar waar `n afval van die geloof op verkeerde geloofsleringe plaas gevind het, weer terug te lei is, veral waar die mense nie onwillig is om te glo nie, en aan `n valse leer aanstoot geneem het. Hulle kan weer gewen word vir My en My Ryk, en terwille van hierdie weiniges sal nog baie tekens gebeur wat die naderende einde sal verkondig en ook nie sonder uitwerking op hulle sal bly nie.
Die geloofsbeslissing sal dan eers geneem word wanneer `n sterk geloof aanwesig is, wat alles sal aanvaar wat nadelig is vir die liggaam. Want die mens wat die ware insig het, weet waarom dit gaan. Hy gee met `n ligte hart dit op wat mense van hom neem, om die lewe van die siel nie in gevaar te bring nie.
Dit is die laaste toets van die wil op hierdie aarde. Dit is hierdie beslissing dat u My bely voor die wereld, wat u lot in die Ewigheid bepaal, ongeag die aardse uitwerking op u beslissing. Slegs `n sterk oortuigde geloof sal hierdie laaste toets deurstaan, en slegs `n sterk oortuigde geloof sal standhou tot die einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205