Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GELOOFSTRYD - VERVULLING VAN DIE BELOFTES
B.D. 5115 - 26 April 1951
U sal uself moet staande hou teenoor die wereld, wat hulle teen u sal draai en u sal vervolg. En daarom het die tyd van stryd gekom wat Ek vir u aangekondig het, en wat ook die laaste fase sal inlei voor die einde. U sal geen hulp van die kant van die wereld verkry nie, want die wat u wil help, is te swak en die sterkes is teen u.
Tog het u `n beskerming waarop u uself sal kan verlaat, want Ek self is by u en gee u krag om te volhard in die moeilikste stryd. En wie My maar sal aanroep, sal My teenwoordigheid ook ondervind, want Ek verlaat Myne nie. Wel laat Ek toe dat die mense strydend teenoor mekaar staan, want hierdie laaste geloofstryd moet duidelik wees, omdat die geeste hulle moet skei, en omdat `n skeiding moet plaasvind tussen diegene wat aan My behoort en hulle wat aan die teenstander behoort.
Ook die laastes, wat `n openlike belydenis tot nou toe vermy het uit geloofswakte of vrees, moet hulle nog uitspreek. Hulle moet hulleself versterk met die geloofskrag van Myne, indien hulle nie heeltemal wil ondergaan terwille van aardse voordeel nie, want Myne moet alles opgee terwille van hulle geloof.
Dit sal `n beslissing wees wat slegs elkeen persoonlik se sielelewe sal betref, maar wat daarom veelbetekenend sal wees, omdat die beslissing ook sy uitwerking sal he op die aardse lewe, en daarom sal baie mense skipbreuk ly. Want wie die wereld nog steeds so hoog sal plaas en die aardse lewe liefhet, wie aan die liggaamlike welsyn nog steeds soveel aandag skenk, die sal nouliks kan standhou, omdat alles van hom opgeëis sal word wanneer hy nie die geloof in My en My verlossingswerk sal wil opgee nie.
Vele sal die geloof misken omdat hulle My openlik sal moet bely. Wie egter die waarheid besit en wie se insig gegroei het, wie My krag deur `n lewe in liefde in hulle besit het, die sal trou aan My bly tot die einde toe. En hulle sal My blymoedig bely en sal spreek vir My. Hulle sal ook nog diegene oortuig wat swak van geloof, maar van goeie wil is.
En ondanks die groot verdrukking van die kant van die vyande, sal hy nie so bewus wees van die nood nie, want Ek staan hom by en voorsien hom van alles wat hy sal nodig he vir liggaam en siel. Wie heeltemal op My sal vertrou, vir hom kan die maatreëls van die vyande nie verontrus nie. Want wat van hom geneem sal word deur hulle, gee Ek aan hom terug in `n ander vorm. Maar altyd op die wyse dat hy sal lewe, solank as wat Ek hom nog op hierdie aarde nodig sal he.
My klein skare sal tot die laaste `n getuienis gee van God se Ryk en Sy mag. En My beloftes sal vervul word, dat `n sterk geloof alles vermag en dat aan Myne gegee sal word dit wat hulle in die geloof sal vra.
Die stryd sal hard wees, maar tog sal Myne oorleef, want hulle het `n "Leëraanvoerder" aan hulle sy wat elke vyand sal oorwin. En wie aan Sy leër behoort, sal as oorwinnaar tevoorskyn kom en sal geen vyand meer hoef te vrees wanneer die einde gekom het; die dag van die oordeel waarop die regverdiges van die onregverdiges, die goeie van die bose, die van Myne van die aanhangers van Satan geskei sal word; die dag dat iedereen vergeld sal word volgens sy werk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205