Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

STRY MET DIE SWAARD VAN DIE MOND
B.D. 6089 - 25 Oktober 1954
"Wat u in daardie uur ingegee word, spreek dit uit!" Hierdie woorde het Ek op aarde gespreek met die oog op die ellende wat oor u sal kom voor die einde, omdat u verantwoording sal moet doen voor aardse magte, omdat u vir u denke en handeling sal moet verantwoording doen, en omdat van u verwag sal word om My te verloën. Vrees dan nie en wees nie besorg oor wat u sal moet spreek nie, maar spreek sonder skroom, soos dit vir u gegee word om te spreek.
Want deur die tussenkoms van My gees sal Ek woorde vir u in die mond le, juis bestem vir hulle wat u tot spraak aanmaan. Almal wat My trou wil bly, sal Ek bystaan en sal hulle krag gee om te kan weerstaan. Elke vrees sal verdwyn en u sal van My gewaar word, en u sal vol vertroue wees dat Ek u nie sal verlaat in hierdie nood nie. En u sal diegene wat u bedreig, nie vrees nie, omdat u sal weet dat Een sterker is as hulle, en dat hierdie Een aan u sy staan en u waarlik geen onreg sal laat oorkom nie.
Maar u sal moet stry met die swaard van die mond. U sal alle teenwerpings moet weerle en ook kan, omdat dit nie meer u is wat spreek nie, maar Ek self wat deur u sal spreek. En My Woorde sal waarlik nie hul uitwerking mis nie. Want dit gaan daaroor om ook hulle nog tot nadenke te bring, want ook onder hulle is nog swak, besluitelose mense wat op `n kruispad sal beland en nie weet waarheen hulle hulleself moet wend nie. En hulle moet die weg gewys word. As hulle die weg wil gaan dan is hulle salig te prys. As hulle dit egter oor die hoof sien, het hulle nogmaals met moeite die barmhartigheid gekry dat `n leier hulle aangespreek en hulle op die goeie weg probeer bring het.
Want in hierdie tyd kan nie anders as met die swaard van die mond gestry word nie, en hoe oortuigender My verteenwoordigers op aarde spreek, des te meer sal hulle die wen wat nog vyandiggesind is.
En dit is ook volgens My wil dat u uself daarom innig met My moet verbind, omdat Ek self nou deur u sal kan spreek tot hulle wat Ek nog vir My wil wen.
Ek weet dat die tyd sal kom waarin dit uiters moeilik sal gaan, waarin u bomate verdruk sal word en uself sal moet verantwoord. Maar dink daarom aan My Woorde dat u uself nie angstig sal mag afvra wat u moet spreek nie. Laat u gelowig oor aan My en My werk, en u spraak sal wys wees, sodat geeneen van u teenstanders iets daarop sal kan antwoord nie. U, wat My wil dien, het geen vyand te vrees nie. Want u stry vir My en aan My sy, en Ek lei u waarlik ook tot die oorwinning.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205