Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GOD SE BESKERMING IN DIE GELOOFSTRYD
B.D. 7954 - 1 Augustus 1961
Staan dus vas en laat u geloof nie wankel nie, want Ek, u God en Vader van die Ewigheid is en bly by u wanneer die groot geloofstryd sal begin, waarin My teenstander ook Myne tot `n val sal wil bring.
Alles wat teen u onderneem word, sal steeds ten doel he om Jesus Christus en Sy verlossingswerk, as ongeloofwaardig aan u voor te stel. En dit moet vir u `n sigbare teken wees van die aanstaande einde, dat Jesus Christus verloën word, dat elke geloof van die mense in Hom, ontneem sal word, sodat die mense geen moontlikheid sal he om verlos van hierdie aarde af heen te gaan nie.
Want My teenstander tree openlik teen My op deurdat Hy teen Jesus Christus opstaan, in Wie Ek vir die mense tot `n sigbare God geword het. En hoe hewiger hierdie stryd sal ontbrand, des te meer kan u seker wees van My teenwoordigheid, want Ek verlaat Myne nie. Ek laat My teenstander geen oorwinnaar word oor hulle wat Myne is en wil bly nie.
En wanneer u in die noute gedryf word deurdat van u gevra word om My as die Goddelike Verlosser Jesus Christus te verloën; as u moet beslis vir My of My teenstander, vertrou dan geheel en al op My, want dan is Ek nader aan u as ooit. Ek self stry met u en u hoef My teenstander nie te vrees nie, want My krag is groot en sal u beskerm, hoe bedreigend hulle ook alles laat voorkom wat teen u onderneem word. Dan kan u My koms enige uur verwag en daarmee die einde van hierdie aarde, vanwaar Ek u sal wegneem in die hoogste nood en gevaar.
Word daarom nie kleingelowig nie, maar dink daaraan dat Ek dit vooruit vir u gese het, dat die nood wat u terwille van die geloof sal moet verdra, nog groot sal word. Maar hoe vaster u in die geloof sal staan en hoe groter u vertroue in My sal wees, des te makliker sal die geloofstryd vir u wees. Want waarlik, Myne sal ook My Liefde en Mag kan ervaar, en hulle kan daarom hierdie tyd getroos tegemoetgaan.
Maar hierdie tyd kom, want die gelowiges word aangeval deur die aardse maghebbers en deur hulle wat aan My teenstander behoort. Myne sal `n openlike bekentenis moet afle en mag daarom nie vrees nie. Want die God wat hulle bely sal Sy mag openbaar en hulle help in aardse nood en verdrukking.
U almal kan u daarop voorberei, dat brutale middele gebruik sal word teen u wat getrou aan My wil bly. Vergeet egter nie dat Ek Heer is oor lewe en dood, oor Hemel en aarde, en dat Ek waarlik middele en weë het om Myne uit hulle aardse nood weg te voer, selfs as daar geen uitweg meer moontlik sal lyk nie.
En wat u ook aards weerhou sal word, Ek sal u spysig en laat drink op wonderbaarlike wyse. Want ook dit is in My mag, omdat Ek tog Hemel en aarde geskape het en alle wette gegee het volgens My wil. Dus kan Ek ook wette ophef en u bonatuurlik voed. Ek kan u omgewe met `n beskermende muur, en Ek kan My engele opdrag gee om so `n muur om u heen te plaas. U hoef uself maar getrou op My as u Vader te verlaat, wat Sy kinders nie in die steek sal laat nie en u ook sal beskerm teen die vyand van u siel en teen aardse en geestelike teenstanders, want My mag en My liefde is groot. En dit sal gebeur binne `n nie al te lange tyd nie. Maar voor die tyd sal u nog aan baie geloofsbeproewings blootgestel word, maar ook dit sal u sterk en geskik maak om stand te hou in hierdie laaste stryd op aarde. En sodra die stryd ontbrand, sal u weet dat die einde nie meer veraf is, want dit sal slegs `n kort tydjie deur My teenstander gevoer word. Terwille van My uitverkorenes sal Ek die tyd verkort, en Ek sal hom en sy aanhang opnuut kluister. Want die tyd wat vir sy aktiwiteite op aarde vasgestel was, sal vervul wees. En ook die einde van hierdie aarde is naby, soos dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205