Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

`N TYD VAN ELLENDE - `N SEKERE TEKEN VAN DIE EINDE. DIE KLEIN SKARE VAN STRYDERS VIR GOD
B.D. 4027 - 21 April 1947
Dat die tyd nou vervul is kan mens al daaraan sien, dat My stryders slegs sporadies te vinde is. Mense, wat so opgaan in hulle liefde vir My, in die liefde tot die waarheid en die goeie, dat hulle geen vaste verbinding met die wereld meer het nie, maar in voortdurende kontak bly met My in gedagtes, of deur liefdadigheid. Mense wat hulle insit vir hulle geloof, en die behoefte het om die siele van hulle medemense te wen vir My Ryk en My leer. Wat daarom stry met die swaard van die mond en voortdurend vervul is van My gees, en in wie Ek sodoende Self kan werk.
Van hulle sal daar nie baie te vinde wees nie. En waar hulle vertoef, daar sal hulle onopgemerk op hulle weg gaan of selfs aangeval word. En dit is `n sekere teken van die einde, dat Myne maar `n klein kuddetjie vorm. Waarvoor Ek egter `n goeie Herder is wat Sy skapies tesame hou, wat hulle behoed sodat geeneen van hulle sal verdwaal of verlore gaan nie.
Van Myne laat Ek geeneen meer ontsnap nie, want hulle sal mekaar vind en `n klein gemeente vorm. Hulle sal hulle hoogste bevrediging daarin vind dat Ek hulle in My diens geneem het. Dat Ek hulle met die missie vertrou, om My steun te wees in die laaste tyd voor die einde.
Die wat goed en opreg is, hulle is My stryders, want die goeie wil en die verlange na die absolute waarheid kenmerk My stryders, wat ook die laaste stryd sal deurstaan, omdat Ek hulle nimmermeer sal verlaat nie. En wat My ook nie verlaat nie, maar in My die liefdevolle Vader sien wat Sy kinders geen verliese laat ly nie, ook al kom hulle in aardse nood as gevolg van hulle standvastigheid. Die wat My as hulle Vader van die Ewigheid beskou, sal ook Vaderlik versorg word wanneer hierdie tyd vervul is. Hulle sal as My ware kinders die paradys binnegaan, en hulle sal die salige en vredevolle tyd op die nuwe aarde belewe. Want dit sal volg na die laaste stryd op die ou aarde, soos voorsien is sedert die Ewigheid.
Ek sal Myne vergader op die jongste dag, die weinige mense wat My trou gebly het in die tyd van die stryd wat dit voorafgegaan het. Die wat My erken het en My daarom nimmermeer kan opgee nie.
Ek sal hulle vir My gaan haal soos wat Ek dit verkondig het. En u, mense, kan sodoende met sekerheid die aanstaande einde verwag wanneer u om u heen sal kyk en daar maar weiniges te vinde sal wees wat My so diep in hulle harte dra dat hulle oor My en oor geestelike dinge sal praat waarvoor medemense egter maar weinig begrip het.
Ek self vertoef egter waar daar in gesprekke van My melding gemaak word, en Ek ding mee om die siele van hulle wat nog ver van My verwyderd is, omdat die getal van Myne nog `n bietjie sal vermeerder voordat die tyd vervul is. Want dit sal die laaste einde bring, dit wil se die ondergang van die ou aarde en ten slotte die oordeel, soos dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205