Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

U MOET STEEDS WAARSKU OOR DIE EINDE
B.D. 6689 - 13 November 1956
Elke geleentheid moet u aangryp om te waarsku oor die aanstaande einde, want u gaan dit met rasse skrede tegemoet. U sal weliswaar geen geloof vind nie en mense sal u uitlag en hoon, maar u moet dit tog doen. Want u woorde sal in die bewussyn terugkeer, sodra ongewone dinge op aarde gaan gebeur wat vir die mense onverklaarbaar sal wees. Ook heel ongelowiges sal terugdink aan u woorde, en daaronder sal daar weer enkeles wees wat met die moontlikheid rekening sal hou, en hulle sodoende in gedagtes daarmee besig sal hou.
Ek weet dat u by u medemense maar weinig sukses sal he as u aan hulle die evangelie van die liefde wil bring, en hulle hul ore en harte gesluit hou. Ek weet ook dat die aankondigings van die einde nog minder geglo sal word. Maar Ek laat niks oor die mense kom sonder dat Ek hulle vooruit vermaan en waarsku nie, en daarvoor moet u My u mond leen.
(15 November)
Want Ek self kan hulle nie aanspreek nie, omdat hulle geloof te swak is, en daarom is hulle harte ook nie in staat om My stem te verneem nie. Maar Ek kan dit deur u doen, deurdat u nou uitspreek wat My Gees aan u verkondig het. Die wereldgebeure sal sy loop neem, en sommige mense sal dit tog nog in verband bring met dit wat hulle van u verneem het. Hulle gedagtes sal daarheen gelei wees, en dit kan hulle nog tot seën wees in die komende tyd.
Word nie moedeloos of nalatig in die arbeid vir My en My Ryk nie, want dit is in die eindtyd die noodsaaklikste, omdat dit alle aardse aktiwiteit in waarde oortref, ofskoon dit nie deur die mense as arbeid aangesien word nie en alle waarde daarvan ontken word. Maar die mense weet nie watter nuttelose werk hulle self tot stand bring as hulle hulleself slegs met die wereld besig hou nie, sonder enige geestelike strewe en sonder `n geestelike doel nie.
Elke mens sal in die komende tyd nog deur My aangespreek word, en u sal My ondersteun in soverre dat u die skakel sal wees tussen hulle en My. Dat u net dit sal uitspreek wat Ek vir hulle te se het.
En die gebeurtenisse van die tyd sal u woorde nog onderstreep. Daarom, hou u steeds gewillig, u My dienare op aarde, sodat Ek u te alle tye sal kan roep wanneer Ek u nodig sal he om in My plek te praat.
En glo nie dat u vergeefse arbeid verrig nie, want Ek self seën u doen en late en help daar waar u krag nie toereikend is nie. Want die tyd tot die einde moet nog goed benut word, en elke geleentheid moet benut word waar daar nog verlossingsarbeid aan `n siel verrig kan word, sodat hulle aan die mag van My teenstander ontruk sal word.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205