Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE AANWYSING VAN DIE KOMENDE TYD VAN NOOD
B.D. 4846 - 25 Februarie 1950
Mense, hoor en glo dat u voor `n moeilike tyd staan. Dit sal een en elk persoonlik tref, ofskoon dit makliker sal verbygaan aan hulle wat My in die hart dra, en sodoende voortgaan met die oog na Bo gerig. Die tyd sal swaar druk op iedereen, want dit bring telkens weer nood waarvan u sal glo dat u dit byna nie sal kan deurstaan nie. Tot in die binneste sal u geskok word. Want uiterlik en innerlik raak u in nood omdat u uself nie na My toe sal wend nie en eindelik die weg na My vind nie, u God en Vader van Ewigheid.
Dit is die laaste middel wat Ek voor die einde sal toepas. Dit help nie om u tot verandering te bring, as u uself aan die wereld verkoop het nie, want dan is daar vir u geen redding meer nie. Dan het u definitief vir My teenstander geval en moet daarom ook sy lot deel; naamlik om opnuut gekluister te word tot aan die einde van die dae.
Daar bly maar net min tyd vir u oor. En in hierdie kort tydjie benader Ek u steeds weer om u nog van die verderf te red, om u tot besinning te bring voordsat dit te laat is. Neem in erns aan wat Ek u laat se deur My dienare op aarde, en stel u lewe daarvolgens in. En wanneer die groot nood oor u sal kom, dink daaraan dat die einde wat Ek aangekondig het, ook spoedig sal kom. Benut daarom elke dag deur yweriger na die verbinding met My te soek en om nie al die wereldse te ag nie. En bid in gees en in waarheid, My aanroepend om barmhartigheid, wat Ek waarlik nie van u sal weerhou nie. Ek sal u gebed verhoor en u met barmhartigheid oorlaai. Ek sal u krag en geloofsterkte gee, omdat u volhard het tot die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205