Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE EINDTYD GEE AANLEIDING TOT BARMHARTIGHEIDSGAWES
B.D. 7908 - 3 Junie 1961
Dit is `n onverdiende daad van barmhartigheid, wanneer u, mense, die woord van Bo kan verneem. Want in die tyd kort voor die einde het die mensdom op so `n lae geestelike peil beland dat daar `n oplossing vir die aardse skepping nodig is. `n Omwenteling en `n nuwe opwekking is nodig van al die geestelike wat nog in `n gekluisterde toestand is. Egter ook van die geeste wat nou as mens beliggaam oor die aarde gaan, en waarvan die grootste deel nie die proef van die aardse lewe kan deurstaan nie. Sodoende streef die mense nie meer self na `n verbinding met My nie. Hulle hou hulleself van My verwyderd en deur hulle verwerping is hulle nie waardig om deur My aangespreek te word nie.
Daarom is dit `n ongewone barmhartigheid dat Ek My desondanks neerbuig, en die mense aanspreek, dat Ek My Woord ook aan hulle laat toekom wat hulle nog ver van My af hou. Ek sien die staat van onwaardigheid oor die hoof. Ek sorg vir die mense wat hulle van My afkeer, omdat die tyd van die einde gekom het, omdat die einde vir baie mense die hernude kluistering in die materie beteken, wat Ek nog van hulle wil afwend, solank daar nog tyd is.
Ek sal lok en roep en Ek sal oralheen `n straal van My liefdeslig laat opflikker.
Ek raak die menseharte aan met hierdie straal om maar te bereik dat hulle hulle sal besin, dat hulle My Woorde in hulle harte sal opneem, dit in die harte oorweeg en daarom hulle lewenswandel daarvolgens sal rig. Ek wil net nie dat hulle weer vir ewige lang tye verlore sal gaan nie.
En daardie groot gevaar bestaan, want slegs weinig mense het `n lewende geloof in My, wat hulle sou beskerm teen die ondergang, wanneer die uur van die einde sal kom. Daarom skenk My Liefde hierdie laaste barmhartigheidsgawe aan u, mense. U moet u net nie daarteen verweer wanneer My dienare My Woord aan u wil bring nie. Luister na hulle en dink na sonder innerlike weerstand oor wat Ek tot u spreek, en u kan daarom ook `n geloof verwerf in u God en Skepper, wat geen blinde geloof sal wees nie.
En daarom sal u ook spoedig My liefde vir u bemerk. Want gedagtes sal u binnekom wat u nie sal verwerp nie, omdat u sal insien dat dit die waarheid is. Gee slegs u innerlike weerstand op en u is gered vir tyd en Ewigheid. Luister na My en die krag van My Woord sal sy uitwerking nie op u mis nie, omdat dit die Liefdeskrag van God is wat u deur My Woord bestraal.
Dit is geen hol mensewoorde wat u hoor wanneer My bodes My barmhartigheidsgawes aan u bring nie. Want mensewoorde is maklik om te verwerp. Goddelike woorde egter het invloed, bygese dat die wil van die mens hom nie teen hierdie invloed verweer nie. Daarom verlang Ek alleen van u dat u hulle nie onwillig afkeur nie, maar eers daaroor sal nadink. En Ek sal u waarlik help om die waarheid van My Woord te herken. U hart sal haar aangespreek voel en u denke sal hom langsamerhand na My toe wend. U weerstand sal swakker word, en die Krag van My Woord sal begin om op u in te werk.
Gee slegs u weerstand op en waarlik, Ek self sal iedereen persoonlik aanneem. Ek sal hom woorde gee van liefde en barmhartigheid, woorde van troos, goeie raad en wysheid. Net soos wat Hy hulle nodig het vir sy siel, omdat Hy My Self herken in die woorde wat My bodes vir hom bring, want waarlik Ek se vir u: Dit is die tyd van die einde, en My liefde en barmhartigheid word u steeds weer opnuut geskenk en wil u behoed vir die lot van die hernieude kluistering, wanneer die einde sal kom.
En daarom giet Ek My barmhartigheidsgawes nog in ryke uit mate. En hy wie se hart nie heeltemal verhard is nie, wil Ek nog wen vir My en My Ryk. Aan hom probeer Ek om My te openbaar as `n liefdevolle God en Vader van die Ewigheid af, en Hy sal waarlik deur die straal van My liefde geraak word. Hy sal My Woord kan herken as die stem van die Vader wat Sy kind wil help. Wat dié wil behoed vir die afgrond en dié nog wil red voordat die einde sal kom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205