Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE SONDE KRY DIE OORHAND. GELOOFSTRYD EN EINDE
B.D. 5860 - 1 Januarie 1954
Wanneer die sonde die oorhand sal kry, wanneer daar geen geloof meer onder die mense sal wees in die regverdigheid van God nie. Wanneer die mense onverantwoordelik lewe en hulle luste die vrye loop laat neem. Wanneer daar geen liefde meer onder die mense sal wees nie en as alle begeertes slegs uitgaan na die wereld en haar goedere; dan sal die einde kom en die voorspellings van die profete, wat in opdrag van God in alle tye die einde voorspel het, vervul word.
En as u, mense, om u heen kyk en alles wat op aarde geskied, met oop oë gadeslaan, dan sal u, wat van goeie wil is, insien in welke uur u leef. U sal insien dat dit alles tekens van die naderende einde is. Dat die mensdom self daardie einde veroorsaak, omdat hulle in die sonde leef, en omdat hulle nie meer aan hulle God dink nie.
Daar is mense wat nog nie heeltemal verdorwe is nie, en wat nog nie heeltemal aan die teenstander van God behoort nie, wat egter geen geloof besit nie, en daarom gedagteloos deur die lewe gaan. Maar hoe nader die einde sal kom, hoe minder sal diegene word. Hulle sal gedeeltelik afsink en in die mag van God se teenstander beland, en `n deel van hulle sal opgeroep word uit die lewe na die Ryk hierna. En die verdorwe en sataniese mense sal sterk toeneem, en slegs `n klein aantal mense sal aan God getrou bly en volgens Sy wil op aarde wandel. En diesulkes sal baie ly deur die teenstander, want hulle sal gehaat en vervolg word terwille van hulle geloof.
En sodra daar openlik opgetree word teen almal wat God bely in Jesus Christus, staan u mense, kort voor die einde. Dit is aan u, mense, ook al lank gelede verkondig dat u uself sal moet verantwoord en voor die regters sal moet verskyn, terwille van die Naam van Jesus.
En sodra elke geestelike strewe aangeval word, sodra God se dienare op aarde verhinder word om te arbei vir die Ryk van God, sodra hulle gehoon en uitgelag word vanweë hulle geloof, het die tyd ook gekom waarin die sataniese kragte sal woed teen alles wat na God wys.
En die swakke, nog nie totaal sleg nie, sal opgeroep word vanaf die aarde wanneer die laaste dae sal aanbreek, sodat hy nie heeltemal in die hande van God se teenstander sal val nie. Want daar sal op so `n manier opgetree word teen die gelowiges dat slegs die sterkes in geloof (mense wat heeltemal op God vertrou) sal standhou, omdat hulle geloof hulle die krag gee, en omdat God hulle duidelik vanweë hul geloof kan bystaan.
En daarom sal die aktiwiteit van Satan geopenbaar word, want hy sal hom toon aan alle mense wat aan hom behoort deur hul gesindheid. Elke een van hulle sal dade verrig wat om vergelding skreeu, en die vergelding sal kom.
Die dag sal kom waarin daar aan hulle dryfvere (verskrikkinge) `n einde gemaak sal word, waarin die regverdigheid van God op die voorgrond sal tree en almal se werke openbaar sal word. Die dag van die oordeel sal kom soos dit geskryf staan, waarin elkeen die loon ontvang wat Hy verdien het en waarin God se woord vervul sal word, omdat dit die Ewige Waarheid is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205