NAG VAN SMARTE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4.

Hoofstuk 4

 

Met moeite sal die vyand voortbeur as elke opregte die stryd aanpak in Gees. Met roepe na die Heilige daardie nag, sal boses maar eers voor die deur moet wag. Skokkend, sal hul belewenis wees as hul voor My te staan kom by ‘n vreeslose gees.

 

Ek dra ‘n vurige skild as leier en sal oorwinningskrete deur die lug laat beier. Het jy reeds jou wapenrusting aan, want waarmee anders maak Ek jou vrees ongedaan? Liefde sal jou kopskild heet, as jy vertroos is om in My spoor te leef.

 

Ek bring ‘n sonskyn-lig oor al dié wat in My spore leef. Ek dra hul op die hande en breek die dood se bande, want onvergeetlik sal dit wees vir almal wat dié tyd oorleef. ‘n Hedendaagse wonder, bewys My liefde – so besonder – aan elke kind van Immanuel, die bruid waarmee Ek kom trou.

 

Te lank het jul alleen gestaan, onbekeerd en weg van My baan. My hartseer was onbeperk, omdat niemand NET vir My wou werk. Ek staan nou met knegte aan My sy wat saam met My en vir My ook wil ly. Dit is die weg tot die nuwe ryk, want Satan word net oorwin met ‘n merkwaardige stryd, Ek sal Myne nou by die hand hou, nooit sal hulle ervaar – die Winterkou’(e).

 

Bring al jou eie na My, dan klop Ek self aan hulle deur. Niemand wat Liefde as wet geskryf het op die hart, kan My sagte kyk afwys. Niks is jou eie voor My, want vir alles aan jou geleen, het Ek gely. Bring dit weer voor My aangesig en vra My om dit met My krag te verlig – dan sal dit jou tot seën strek, wanneer jy nie meer self die sware juk wil trek.

 

Dra My liefdeswet voor op jou hart, sodat elke Bose gees die pad kan vat, as Hy aanskou hoe Ek myne met Lig omvou. Ek leer jou graag nuwe dinge, wysheid wat jou deeglik versterk, want jy sal net vir My kan werk in die tyd wat kom. Die aarde sal verheug weer vrugte dra as Boere-bloed die ploegskaar dra. Ek sal die aarde en handewerk seën en op die regte tyd laat reën.

 

Die storm en geloofstryd sal daarná kom en elkeen sal planete en aarde hoor grom. Die einde sal vir almal ongesteld wees, want die oorlog sal wees tussen geeste en Gees.

 

Ek het jul reeds by die hand gevat. Sweer af die geheuel met die vyand wat lag. Jy staan op die drumpel van iets baie groot wat jou kan kos – die ewige dood. Trek aan die skoene van bereidheid gebied, en word in lengte van dae nooit weer deur die vyand geskiet met begeertes wat alle energie wegstroop, dat jy moet bly wees vir aardse nood. Ek dra die mandjie met manna in My hand en dis gratis vir elkeen wat die wêreld verpand. Wees bly in My versoening vir jou en soek My in elke druppel van dou. Weerkaats die reddende Regterhand, sodat Hy jou lei na die Nuwe Land. Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205