DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 10

14 Maart 2008  07:30

 

Ek loop saam met Jahshua op die see en HY dikteer aan MY die volgende: Wanneer julle vir MY ly, sal julle bewus raak van ‘n blydskap wat by tye oorweldigend sal raak. Dan sal julle weet dat julle wel die regte pad gevolg het. Die mense wat MY volg, al word hulle deur hulle naaste afgemaak as sleg en vol van hul eie dinge, sal nooit deur MY vergeet word nie. Daar is tans baie mense wat MY skryfkneg haat en dink dat sy hierdie dinge self uitdink en tot voordeel van haarself. Maar MY kinders, wat EK julle vandag wil sê, is dat sy niks voordeel hieruit trek behalwe geestelike voordeel nie. Dit bring haar aards niks in die sak nie en waarom sal sy dan hiermee aangaan as dit haar niks baat nie? Al wat sy van baie mense ontvang , is net oordele omdat hulle dink dat sy al stapelgek geword het, maar inderwaarheid is sy heel normaal, omdat sy MY het. EK lei haar om te tik wat sy moet en daarom moes sy vanoggend skryf dat sy saam met MY op die see loop, wat wel so is in die gees. EK voer haar weg saam met MY en wys vir haar dinge wat wel so is, maar mense wat in hulle liggame vasgekluister is, sal dit nie verstaan nie omdat dit vir hulle onmoontlik klink. MY kinders, dit is inderwaarheid die maklikste ding op aarde om saam met MY te kom en deur MY na hoogtes gebring te word. Daar is niks snaaks daaraan nie omdat alles by MY moontlik is en elkeen wat dit ook graag wil hê, sal dit van MY ontvang. Dit is nie net vir sekeres gegee nie, maar vir almal want EK het almal ewe lief. MY seuns en MY dogters, kom soek dit van MY en EK sal dit vir julle ook gee. Weet julle dat julle siele nie vas aan julle liggame is nie? Julle siele is losmaakbaar van julle liggame, en dit is veronderstel om glad nie vas te wees nie, maar die meeste van die mense is vasgekluister aan hulle liggame omdat hulle vas is aan die materie en hulle aardse besittings en daarom sal hulle nie kan hê wat MY skryfkneg het nie. Maak julle self los van julle aardse dinge en kom na MY en soos wat julle alle aardse dinge aflê, sal jou siel ook los kom van jou liggaam en jy sal kan sweef waar EK jou heen vat. MY kinders, hierdie is nie dinge waarmee die okkulte hulleself besig hou nie, maar hierdie kom direk van MY af. Hulle het nie toestemming om dit te doen nie en doen dit ook om MY te wys dat hulle die baas is oor hulle eie liggame en siele, maar in der waarheid benadeel hulle hulleself onherroeplik, want dit sal meebring dat hul siele nie kan uitgaan wanneer hulle eens dood is nie, maar hulle siele sal net kan gaan waarheen EK hulle stuur en dit is nie ‘n baie lekker plek vir hulle nie. Daarom moet julle nie deelneem aan sulke dinge nie omdat dit net skade vir julle siele sal bring. Maar vertrou net op MY en EK sal julle siele lei en deur MY krag en julle bereidheid sal julle dan deur MY weggevoer word, tot groot voordeel van julle geestelike ontwikkeling. MY skryfkneg gaan waar EK haar heen vat en nie waar sy wil nie. EK vat haar ook net na die plekke en so lank as wat EK weet, goed is vir haar. Hierdie dinge sal julle beter verstaan as julle net by MY bly en nie na verkeerde dinge kyk nie. EK sal julle almal lei en die regte weg aanwys, al lyk dit vir julle of die wêreld julle oordeel. As julle by MY bly en in julle harte weet dat dit EK is wat met julle spreek, moet julle geensins bekommerd wees as EK julle siele dinge wys nie omdat dit net EK is wat die volmag het om so iets te doen. Weet julle dat dit terapie vir julle siele is? EK genees baie mense so deurdat EK hulle siele uit hulle liggame uithaal en na plekke voer sodat hulle daar kan genees en MY GEES kan ontvang. MY kinders, hierdie is nie vir enigiemand gegee om te doen nie en julle moet seker maak of dit wel EK is wat julle lei en nie iemand anders nie. Maak seker dat EK aan die leiding staan want dit sal vir jou siel baie sleg wees wanneer jy op jou eie gaan waar jy heen wil gaan. Maar wanneer jy deur MY gelei word, sal jy die regte ding doen en jy sal MY kan sien in die gees en ook sal jy versterk word daardeur. Dit sal EK vir elkeen doen wat MY bie liefhet en wat net deur MY gelei wil word omdat dit vir hom die ewige lewe sal beteken. Daar is vandag baie snaakse dinge wat mense doen en julle sal kan getuig daarvan en daarom wil EK julle waarsku om nie julle siele uit julle liggame uit te laat gaan deur julle eie toedoen nie, maar wanneer julle dit van MY ontvang en wanneer EK julle roep, moet julle kom en nie huiwer nie want EK weet wat is die beste vir julle om te doen. EK sal die leiding neem en wat kan dan verkeerd gaan? Kan iets verkeerd gaan wanneer EK aan die stuur van julle lewensbootjies is? Nee, daar kan niks verkeerd gaan nie, maar wanneer jy aan die stuur is, sal daar baie dinge verkeerd gaan en voor jy weet is jy op die verkeerde weg. Maak daarom dubbel seker dat jy MY volg en nie jou eie ek nie want dit is die dood. Die eie ek wat gevolg word is dikwels so goed versteek dat jy self nie sien dat jy jouself volg nie, maar volle oorgawe aan MY vereis ook volle aflegging van jou eie ek en daarom is dit baie belangrik om eers daarna te kyk. Elke dag en elke nag , moet julle oplet of julle nie vir julleself aan die voortou het nie. Kom dan na MY en lê jouself voor MY voete en EK sal jou eie ek vir jou afbreek sodat jy ‘n nuwe mens kan wees wat MY volg en nie jouself nie. Dit is ‘n baie moeilike ding omdat baie mense hulleself volg en dit nooit agterkom nie. Kyk na jouself en wanneer jy agterkom dat jy daarvan hou as daar ‘n ophef van jou gemaak word en jy sien dat jy jouself wil bevoordeel, al vat jy net die grootste bord kos, moet jy dit dadelik beveg met MY liefde en na MY kom want EK sal jou help. MY kinders, dit is nie omdat EK julle wil afbreek tot op die grond nie, maar dit is omdat EK weet hoe listig die satan en sy maters is en hoe maklik hulle jou dan kan aanval en voor jy weet is jy met ‘n hoogmoedsgees beset en kan jy onmoontlik diensbaar vir MY wees. Wanneer dit die geval is, sal daardie mens dan heeltemal teen MY draai deurdat MY openbaringe nie meer goed genoeg vir hom is nie en hy fout soek met MY knegte. Dit is wat die hoogmoed doen en die satan weet dit en daarom sal hy julle altyd aanval met die gees van hoogmoed , maar eers sal hy dit stelselmatig doen sodat niemand dit agterkom voor dit te laat is nie. Let daarom na jouself op, elke dag en jy sal baie gou agterkom as jy deur die satan mislei is. Dit sal EK dan vinnig vir jou kan regstel as jy MY die kans gee en alles sal dan weer reg wees tussen MY en jou en jy sal dan ook weer geestelik kan groei. MY kinders, dit sê EK vir julle uit die grootste liefde denkbaar en EK wil vir elkeen wat hier lees, die gawes gee wat EK vir elkeen wat geestelik gegroei het, al gegee het. Dit is MY woorde aan julle.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205