DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 11

16.03.2008 08:14

 

Sit julle nog en wag vir MY? Waarvoor wag julle? Het EK julle nie gesê dat julle julleself bereid moet kom verklaar en by MY moet kom aanmeld nie? MY kinders, EK weet dat julle vir MY wag en dat julle wag om met MY GEES vervul te raak maar EK wil ook hê dat julle uit julle eie uit na MY sal kom en met MY kom praat. Moenie wag dat EK jou roep voordat EK met jou praat nie. MY kinders weet nou al dat hulle moet afsonder en EK wil hulle nie elke keer herhinner om af te kom sonder nie. Gaan uit jou eie uit en wanneer jy uit vrye wil na MY kom soek, sal EK jou genadig wees. Moenie wag tot EK jou roep om vir MY te kom tik nie, kom wanneer jy die drang in jou binneste voel en enige ander tyd ook. Hoe meer julle af sonder, hoe vinniger sal julle geestelik groei. Julle al dan deur MY gevul word en hoe vinniger julle groei, hoe vinniger sal julle die eenwording met MY bereik. Waarom moet EK julle altyd deur een of ander kneg van MY aansê om te gaan afsonder. Gaan uit jou eie uit en jy sal die vrugte daarvan pluk. MY kinders by die herberg weet nou al dat hulle hulleself moet afsonder, maar nog steeds moet EK hulle daaraan herhinner. Dit geld ook vir elke ander mens wat nog nie by MY herberg is nie. Aan almal wil EK sê dat julle MY die hele dag moet kom opsoek en dan sal julle MY vinniger vind. Weet julle dat EK onder lofsange woon? Daarom moet julle dan vir MY lofsange sing en EK sal by jou teenwoordig wees, wanneer jy dit in jou hart doen ook, en nie net wanneer julle bymekaar kom om vir MY te sing nie. Let op na MY woorde en dan sal julle onthou dat EK dit al in die verlede ook aan julle gesê het. Sing vir MY en die bose sal wyk, maar wanneer julle nie sing in julle harte nie, sal dit vir die bose baie makliker wees om julle onder te kry en dan sal julle weer sonde doen wanneer julle deur die bose verlei word. By MY is net liefde en geen kwaad nie en wanneer julle kwaad voel vir iemand moet julle weet dat dit ‘n slegte teken is, want die bose is altyd kwaad. Ban hom uit julle lewens uit deur die hele dag vir MY te sing en met MY in gesprek te wees. Kom sonder gereeld af en praat met MY sonder die aardse dinge en lawaai wat julle aandag besig hou. Wanneer jy geestelik so sterk is dat jy die hele tyd met MY in gesprek kan wees en nie een oomblik daarvan wyk nie, sal EK jou die wye wêreld instuur om ander vir MY te gaan haal en jy sal dan visse vir MY vang en hulle na MY voet bring, maar niemand van julle is al so sterk nie en daarom moet EK julle net so af en toe, die buitewêreld instuur omdat julle weer ten prooi sal val van die bose as julle te lank aan hulle blootgestel word. MY kinders, luister net na MY stem as jy MY kan hoor, en die wat MY nog nie kan hoor nie, moet ook weet dat EK teenwoordig is waar daar die heeltyd vir MY gebid word en wanneer daar vir MY gesing word. Dit is omdat die bose nie van MY eer hou nie. Hulle hou nie daarvan wanneer daar van MY lig op julle val nie en wanneer julle tot MY bid en vir MY sing, sal daar baie lig op julle en verlig julle siele. Die bose wyk dan, maar bewaar jou as jy daarmee ophou en jouself besig hou met ander dinge. Dan val hulle jou met mening aan en jy val dan saam met hulle in die put wat hulle vir jou gegrou het. Daarom maan EK julle weer om julle die hele tyd met MY besig te hou ter wille van julle eie sieleheil en julle sal dan as oorwinnaars uit die stryd tree. MY kinders, die van julle wat al in die gees kan sien, sal hiervan kan getuig.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205