DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 13

18 Maart 2008 20:54

 

Kyk na MY, MY kinders. Kyk na MY as julle voorbeeld en volg MY na. Daar is tans baie van julle wat die wedergeboorte nastreef en dit julle roeping in die lewe maak om met MY Een te word. Dit is alles wat julle nodig het om ‘n gelukkige lewe te lei in MY en die vrede wat EK julle gee ten volle in julle te hê. Daarom sê EK dat julle na MY moet kyk sodat julle alles kan doen soos wat EK dit gedoen het op aarde. EK was sagmoedig en daarom moet julle ook sagmoedig wees en soos lammers na die slagpale gelei word , net soos EK gelei is na Golgota en EK sal julle saak beveg. Wat EK daarmee bedoel is, dat julle alles in MY hande oor sal gee en nie sal vrees nie, want ‘n lam wat na die slagpale gelei word, weet nie wat op hom wag nie, en daarom vrees hy niks nie. So moet julle ook wees. Vrees niks want EK is in beheer en EK is aan julle kant, daarom kan niks of niemand julle skaad nie. EK sal julle nooit in die steek laat sodat julle wel soos lammers geslag word nie. Luister net na MY stem, al klink dit vir julle of EK vir julle die verkeerde opdragte gee. EK sal julle altyd bystaan en julle hoef maar net na MY te luister. Baie keer gee EK die opdragte aan julle wat vir julle lyk of dit julle dood sal beteken of dit maak dat jy baie vyande maak, maar dit is niks omdat EK weet wat EK doen en nie een wat MY volg en MY gehoorsaam is, sal ooit deur MY in die steek gelaat word nie. Daar is so baie dinge wat vir julle nie reg uitwerk of reg voorkom nie, maar EK is daar ook in beheer en EK wil net hê dat julle daarby moet berus as dit vir julle nie reg uitwerk nie. EK het ‘n doel daarmee en julle en die ander party sal dan baat daarby vind. MY kinders, die ander party wat deel vorm van die wêreld sal baat daarby vind, as EK intree vir julle omdat hulle dan ook so deur MY geleer word en dan tot inkeer kan kom. Dit is dan ook die doel met die groot geloofstryd wat vir julle en baie ander wag. Dit lyk vir julle of dit 'n doellose moord op MY skape sal wees, maar in der waarheid sal baie mense gered word van die verderf deurdat julle sal sterf en hulle julle sterk geloof in MY sal sien. Dit sal hulle oortuig dat daar wel ‘n God moet wees omdat niemand sal sterf vir iets wat nie bestaan nie of vir iets wat in sy verbeelding is nie. Niemand sal sy lewe gee vir ‘n belaglike versinsel nie en daarom sal hulle dan begin nadink en wonder waarom daar mense is wat hulle lewens gee vir MY. Dit sal dan lei tot hulle redding omdat hulle dan na julle sal stap en leiding vra. EK sal julle so met MY GEES vervul dat julle hulle na MY kan lei en EK hulle so kan red. Dit klink ook nou vir julle na iets vreeslik wreeds wat EK van julle verwag, maar wanneer julle daar kom sal julle sien dat julle die krag van MY ontvang het om julle liggame net so te los en in die volste vreugde en geluksaligheid na MY te kom. Julle sal nie meer aan julle liggame vasgekluister wees nie omdat julle alreeds Een met MY sal wees. Julle sal ten volle wedergebore wees en niks sal dan meer tussen MY en julle staan nie, nie eers jou eie liggaam nie. MY kinders, dit wil Ek al nou vir julle gee en EK is besig om met MY kinders te werk, al voel dit vir hulle of niks gebeur nie. MY skryfkneg het MY vanmiddag gevra waarom daar niks met haar gebeur nie, aangesien EK die Eenwording al baie lank aan haar en ‘n paar ander beloof het. EK het aan hulle gesê dat hulle alreeds Een met MY is, maar hulle voel nie vol krag soos wat hulle gedink het hulle sal wees nie. Ook het hulle nog nie die wonderlike mag wat EK hulle beloof het nie. Hulle het gedink dat hulle teen hierdie tyd al baie anders ou gewees het en so vol van MY liefde soos wat hulle begeer, maar hulle is nog steeds dieselfde , al het EK vir hulle gesê dat hulle alreeds met MY Een is. Dit het hulle baie deurmekaar gemaak en hulle voel almal of daar nou niks gebeur en  daar niks van MY wonderlike beloftes nie, maar daar is ‘n rede daarvoor. MY kinders, EK wil hê dat julle moet aanhou om te streef, al lyk dit vir julle of MY beloftes nie gaan realiseer nie. EK toets julle geloof in MY en wil hê dat julle nog steeds moet glo dat EK met julle sal verenig en julle soos engele sal wees in julle liggame. EK weet dat julle nie die Eenwording met MY soek sodat julle krag en mag kan hê nie en daarom sal julle dit nog verkry. EK ken elkeen se hart en sal dit vir die gee wat opreg daarna soek,en voor hy weet, is hy Een met MY. Die eenwording met MY sal verkry word deur baie gebed en vas. Die vas waarvan EK praat, is die afsondering in die binneste. Vra MY gedurig om Een met MY te word en jy sal dit kry. MY beloftes is nie leë beloftes nie, dit sal EK alles gestand doen. Julle moet net glo. Dink daaroor na en weet dat EK julle voor die stryd met MY wil verenig. Daar is baie mense wat dink die stryd is nie meer vêr nie en dit wil EK beaam deur te sê dat julle julleself gereed moet kry en geestelik na MY soek sodat EK die Een is wat jou red deur die stryd wat kom en dat jy nie op jou eie kragte sal staatmaak nie. MY kinders sal nie deur MY in die steek gelaat word nie en hulle weet ook dat alles baie naby is. Gaan na jou binnekamer en kyk daarbinne. EK sit daar en wag op jou sodat Ons gesprekke kan hou en EK jou kan versterk en wie weet, dalk is jy een van die wat nog Een is met MY voor die groot stryd. Dit is ook ‘n belofte vir elkeen wat na MY vra en die Eenheid met MY nastreef.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205