DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 18

21 Maart 2008 07:09

 

EK sal alle gawes aan julle gee wanneer julle Een met MY geword het en julle sal dan alles kan doen wat EK op aarde gedoen het. Wat meer is, is dat julle nog groter dinge sal kan doen as wat EK gedoen het. Dit beteken nie dat julle meer krag sal hê as wat EK gehad het nie maar dat julle ander tipe dinge sal doen omdat julle in ander tye as EK , in MY vleeslike liggaam, op aarde geleef het. In MY tyd op aarde, was daar nie dinge soos die wat julle vandag ken nie en die mense in daardie tyd was ook nie so ongelowig soos julle mense vandag is nie. In daardie tyd kon jy hulle maklik oortuig dat dit die werk van een of ander god was en hulle sou jou heeltemal glo. Maar in vandag se tyd waar daar so baie tegnologiese ontwikkelings is, is daar bitter min mense, indien enige, wat sal glo dat iets die werk van ‘n god is. Elke tegnologiese ding, sal hulle met verstand bekyk en hulle sal weet dit is deur ‘n mens ontwerp. As jy iemand in daardie dae in ‘n teerstraat in sou vat en hy sou die voertuie sien, sou hy baie vinnig die mens wat so ‘n voertuig kan bestuur aanbid het, want dit is iets wat hulle nie geken het nie. Maar in vandag se tyd werk dinge anders en vereis die mens baie ander dinge om hom van die goddelikheid van iets te oortuig. Julle sal egter dinge moet doen om hulle daarvan te oortuig dat julle julle krag van MY ontvang en nie van iets wat julle self doen nie. En dit is hoekom EK gesê het groter dinge as EK sal julle doen. MY kinders, julle krag put julle vanuit MY. Waarom sal julle dan meer krag as EK besit toe EK op aarde was? Dit is dan die betekenis van daardie woorde van MY vir die van julle wat al daaroor gewonder het. Nou wil EK julle vertel wat julle nog te doen staan vir MY in die toekoms. Onthou, alles gaan vir MY om die wen van siele vir MY koninkryk sodat hulle nie verlore gaan en in die duisternis beland nie, nê? Julle weet dit ook al lankal, maar daar is tog ‘n paar punte waaroor EK nog met julle wil gesels. In die toekoms sal daar baie gewondes na julle kom wat verpleging nodig sal hê en julle sal moet help omdat EK, en daardeur die naasteliefde, dit vereis. MY kinders, baie min van julle weet iets van verpleging af en dit sal vir julle moeilik wees om dit uit julle eie uit te moet doen. Julle sal nie weet wat om te doen as julle nie MY Stem binne julle hoor wat julle die raad sal gee en die opdragte nie. Daarom wil EK julle weereens aanspoor om die Stem in julle binneste te kom opsoek sodat julle MY opdragte noukeurig kan uitvoer. Dit sal vir julle en vir julle pasiënte die beste wees aangesien daar baie lewens gered sal word deur julle gehoorsaamheid aan MY. Niemand wat deur julle verpleeg word, sal sterf nie, al is die wond ook hoe erg. Dit belowe EK julle en dit sal vir die gewonde ook iets wees wat hom sal oortuig dat dit wel EK is wat deur julle werk. MY kinders, dan is daar nog iets. Die gehoorsaamheid tydens die nag van die lang messe is van uiterste belang en daarom wil EK julle almal nou al sterk maak sodat julle gehoorsaam kan wees aan MY tydens daardie nag. Dit sal ‘n vreeslike nag wees, maar wanneer julle net op MY vertrou en na MY stem luister, sal niks met julle gebeur nie. Luister na wat EK vir julle sê, al lyk dit vir julle na die verkeerde ding. Dit lyk vir julle na die verkeerde ding om te doen, maar EK weet waarom EK daardie opdrag aan jou sal gee en jy moet dit uitvoer. Baie keer is mense al so deur MY gered net op grond van hulle gehoorsaamheid en EK het behae dáárin en nie in die slim planne van ‘n mens nie. Dan wil EK julle nog iets meedeel. Dit gaan die koudste winter in baie jare wees en daarom wil EK julle aanraai om solank vir julle baie warm goed te kry. Koop warm komberse vir die gewondes en ook warm klere, want dit gaan bitterlik koud wees. Daar gaan baie mense wees wat nie klere gaan hê nie omdat die gebeurtenis in die nag sal plaasvind en die mense uit hulle huise uitgejaag sal word met niks aan behalwe hulle slaapklere nie. Daarom wil EK vir julle sê om vir ander ook te koop of bymekaar te maak. EK sal julle daarmee help en aan julle voorsien daarvoor. Die wat alreeds vir ander gekoop het, sal daarvoor beloon word omdat hulle al vooruit gedink het aan hulle naaste en die naasteliefde vir hulle belangrik was. MY liewe kinders, moenie nou vrees omdat EK oor hierdie nag gepraat het nie. Die belangrikste ding vir julle is en bly net die liefde vir MY en dit wil EK julle weereens op die hart druk. Wees net vir MY lief en alles sal goed afloop vir julle en julle pasiënte. Wees net gehoorsaam aan MY en julle sal bly lewe. Daar is niks wat te groot vir MY is nie en daarom wil EK nie hê dat julle moet vrees en bang wees vir niks nie. Alles sal julle kan dra omdat EK julle dra. Gaan die toekoms in met moed en julle sal niks te vrese hê nie. Onthou dat vrees MY lig wegdryf en dat die onheil nader kan kom. Daarom moet julle op MY vertrou en julle sal sien hoe alle vrees verdwyn en soos leeumannetjies en leeuwyfies, sal julle vir MY en julle broers en susters kan veg. Wees maar net gerus en dink so min as moontlik aan die naderende einde. Konsentreer op MY en wees net vir MY lief en wanneer die dag aanbreek, sal julle alle krag van MY ontvang sodat julle vir niks sal stuit nie. MY kinders, gaan hierdie dag met MY tegemoet en jy sal sien hoe EK jou seën.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205