DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 21

23 Maart 2008 07:26

 

Kyk na die tye en julle sal moet saamstem dat die dinge nie meer langer uitgestel kan word nie. MY kinders word verdruk en vertrap as of hulle vuilgoed is en dit maak hulle hartseer en hulle wonder of EK hulle ooit sal red. Maar MY hand is al uitgestrek om hulle te help en EK sal hulle te hulp snel voordat hulle dit besef. Soos wat EK MY kinders by die herberg gister gehelp het, sal EK al MY kinders help wat na MY soek en EK sal hulle uitlei na die herberg waar al MY ander kinders versamel is. MY GEES sal EK dan oor almal wat daar is uitgiet sodat hulle rein kan wees en, vol van MY krag, sal hulle dan hulle werk vir MY en MY kinders wat nog in die wêreld vasgevang sit, kan doen. Daar word groot dinge vir julle beplan en julle is salig onbewus daarvan. MY kinders is vir die bose satan ‘n baie teer plek en hy haat julle met ‘n geweldige haat. Almal wat dan vir hom is , sal julle dan ook haat en die mens wat hier voor  jou staan en so sagmoedig voorkom, is nie altyd so sagmoedig soos wat hy lyk nie. MY kinders, julle het dit gister agtergekom deurdat EK vir julle iemand uitgewys het wat net gekom het om verwoesting te saai. Was dit nie vir MY GEES van liefde nie, sou hy baie dinge daar gedoen het wat julle almal tot nadeel sou strek. Die houding van iemand wat kom verwoesting saai, sal nie een van uitdagende aggressie wees nie omdat julle hom dan dadelik sal uitken, maar so iemand sal stil en afgetrokke voorkom, so asof hy in die stilte van sy hart na MY soek. Maar wat in  sy binneste aangaan sal net EK weet en díe aan wie EK dit bekend maak. MY kinders, daarom vra EK dat julle meer in die GEES sal wandel en na mense kyk met MY oë, en julle sal sien wat julle moet, voordat dit te laat is. EK het hierdie man aan julle uitgelewer sodat julle kon sien hoe slu die bose is. Hy wou almal daar vergiftig met sy idees en dan ook later sy slegte dade. Julle moet fyn oplet na die mense wat na die herberg kom omdat almal nie opreg is soos  wat Ek wil hê nie. Toets almal eers aan MY GEES en julle sal weet wie opreg is en wie nie. EK belowe julle al die beskerming wat julle van MY kan ontvang as julle net gehoorsaam is en na MY stem luister wanneer EK julle waarsku. Wees nie hardkoppig nie aangesien dit sal veroorsaak dat daar wel verkeerde mense in kan kom. Dit moet julle altyd onthou en EK wil hê dat julle na MY moet kom soek met baie meer erns sodat julle sterker kan word en die vyand oombliklik kan uitken. Dit sê EK vir julle omdat EK die aanvalle van die satan baie goed ken en presies weet wat sy volgende plan is. MY kinders, waak teen die verwarring wat tussen julle gaan heers binnekort want dit is weereens die gevolge van die aanvalle van die bose. Die aanvalle sal nou baie meer subtiel wees omdat hulle gesien het dat niks vir julle verborge bly nie omdat EK julle waarsku. Nou waarsku EK julle weer en wanneer julle agterkom dat daar verwarring en vertwyfeling heers onder julle, moet julle weet dat dit nou sy nuwe manier is om julle aan te val. Die bose het ook gister gesien hoedat julle nie deur MY verlaat sal word nie, al het elkeen nog sy eie sondes en nou sal hy met nuwe ywer kom sodat daar dinge onder julle sal gebeur wat julle almal sal verwar. Dit moet julle oombliklik aanspreek en MY kom soek sodat die kraaie nie julle ore sal pik nie. Dit beteken dat die kraai sal kom en in elkeen van julle se ore iets anders sal kom fluister. Moenie daarna luister nie want dit is nie MY opdragte nie. Luister net na MY en julle sal lewe. MY kinders, kom soek MY nou al met gebed en vas sodat die kraaie nie sal slaag in hulle plan nie. Kom soek MY nou al baie ernstig op voordat die kraaie hulle verskyning maak en julle onder mekaar sal begin baklei oor wie die regte besluit geneem het. EK sal julle deur dit alles help en julle sal ook ongedeerd aan die ander kant uitkom. Dit belowe EK julle almal wat op MY vertrou.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205