DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 22

23 Maart 2008 07:49

 

EK sal julle lei sodat julle net na MY kom en niemand anders julle sal kan verlei nie. Wanneer julle na MY kom met julle probleme en nie iemand anders vra nie, sal EK julle altyd antwoord deurdat EK iets vir julle sê in die hoofstukke wat elke dag deur MY aan MY skryfknegte gegee word. Luister na MY, MY kinders, moenie mense glo nie. Glo MY en weet dat EK die Een is wat die antwoorde bring. EK sal almal help sodat daar nie iemand sal wees wat daar sal sit sonder hulp nie. EK is ‘n hulp en rotsvesting vir elke een wat MY in die opregtheid van sy hart aan sal roep. Selfs die goddelose mens wat gered wil word, sal deur MY gered word en EK sal hom ook help, as hy van goeie wil is. MY liefling kinders sal deur MY gedra word deur al hulle probleme  en al deur al die dinge waardeur hulle moet gaan. EK sal nie een van hulle verlaat nie, maar wanneer iemand kies om MY te verlaat, sal dit vir hom baie sleg wees aangesien hy so vinnig soos die wind deur die bose beset sal word en sy lewe sal ‘n hel word. Dit is nie onregverdig van MY nie aangesien EK MY dan net onttrek van so iemand en hy dan deur die bose besoek sal word. Daar is nie baie mense wat MY verlaat in hulle harte nie. As iemand eers eenkeer MY liefde gesmaak het en MY verlossing gesien het, sal dit nie vir hom maklik wees om MY te verlaat nie en daarom sal so iets baie min gebeur. Wat wel sal gebeur is dat iemand MY net tydelik verlaat, maar nie heeltemal nie, deurdat hy ander dinge doen wat nie gepas is nie en dan sal hy ook besoek van die bose ontvang, maar wanneer hy besef dat hy ‘n fout begaan het, sal hy weer na MY kom en EK sal hom help. Daarom moet julle nie bekommerd wees as daar nog van julle mense daar buite sit en nog nie by julle kom aansluit het nie. Die wat wel van goeie wil is, maar nog vol sonde, sal wel binnekort die regte weg kom soek en hulle sal MY vind want Ek wil gevind word. Bid vir julle naaste daar buite en julle sal nie kan glo hoedat EK hulle  te hulp sal snel omdat julle gebede krag het nie. EK sal vonkie vir vonkie van MY Liefde oor hulle uitgiet totdat hulle so sterk is dat hulle MY SELF kom soek, en daarom is dit belangrik om jou naaste aan MY op te dra. Julle sal nooit weet wie geskik is om MY GEES te ontvang en wie nie. Die waarvoor julle bid sal deur MY begenadig word en hulle sal hulle weg na MY vind. Dra daarom ander daagliks aan MY op in gebed en elke keer wanneer julle dit doen, sal EK van MY liefde oor hulle uitgiet en hulle sal stelselmatig sterker en sterker word. Dit is baie belangrik sodat julle dit altyd in gedagte kan hou. Wees vol liefde vir almal, al sit hulle nog in die duister. Bid vir hulle en hulle sal dan ook gered word deur MY, al is dit op die laaste oomblik en nie nou al nie. Maar moenie ophou nie en wees geduldig as dit nie dadelik gebeur soos wat jy dit graag wil hê nie. Elke gebed van jou kant af, maak dat daardie persoon ‘n klein vonkie van liefde van MY kant af ontvang en dit sal op die ou einde vir daardie persoon baie werd wees en wanneer hy dit nodig het, sou dit al vir hom baie vergroot het en hy sal dit kan benut in die tyd wat gaan kom. Daarom wil Ek nie hê dat julle mense sal afskryf en dink dat hulle nie meer ‘n kans staan nie. Dra hulle net aan MY op en julle sal sien hoedat daardie persoon verander. Julle moet ook vir mekaar bid, al is julle al lankal by MY want die bose is uitermatig listig en as julle vir mekaar bid, sal dit elkeen versterk wat vir MY werk. Dit sê EK vir julle almal, MY kinders, en weet dat EK julle daagliks en elke nag bystaan en dat dit net MY Liefde is wat julle nog aanmekaar hou. Dit sê EK vir julle met al die liefde in MY Groot Vaderhart. Dra ander ook so, sodat hulle nie val nie.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205