DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 31

02.04.2008 20:17

 

Kom, MY seuns en MY dogters, kom gee julle oor sodat EK julle heeltemal kan reinig en skoonmaak van al julle onreinheid wat julle verhoed om Een met MY te word. Alles wat met julle sal gebeur en al die toeste en hel wat julle sal moet deurmaak ter wille van die eenwording met MY, sal vir julle die moeite werd wees en julle sal nooit spyt kry nie. Die eerstes wat hulle so aan MY oorgegee het en aan MY trou beloof het, al het hulle geweet van die swaar wat nog vir hulle voorlê, is al baie na aan die eenwording met MY en dit sal spoedig gebeur omdat die tyd min raak. EK sal niemand wat so na MY kom en hulleself onvoorwaardelik aan MY oorgee, net so los nie. EK sal elkeen help sodat hy die volle oorwinning oor sy eie vlees kan behaal, en daarom bring EK ontydige dinge oor elkeen van hulle. Niemand weet wat vir hom voorlê nie en EK sê net dat die pad swaar sal raak, maar wanneer die dinge iemand wat op pad is na MY tref, raak so iemand dikwels mismoedig en kom kerm en kla hy oor sy swaar las wat hy moet dra. Wanneer EK dan aan hom of haar verduidelik wat aangaan, is hy of sy dan baie bly vir die swaar wat EK op die weg gebring het. Dit gaan met elke mens wat na MY soek, so en niemand dra sy las soos wat hy moet nie. Dan leer julle baie vinnig hoe julle moet optree en julle sien dan julle foute in en dit maak van julle rein en skoon diamante wat skitter met MY GEES in julle. Daarom gaan dit soms moeilik en nie omdat EK julle nie liefhet nie. Maar julle moet onthou dat die mooiste diamante onder die grootste druk gevorm word en dat ‘n ware diamant baie lank gevat het om te vorm en daarom kan die wedergeboorte nie oordag plaasvind nie. Dit alles geskied met MY tyd en alles sal so gebeur soos deur MY bepaal. Berus net by MY besluite en julle sal almal by MY uitkom en Een met MY word. Dit belowe Ek aan julle almal wat ernstig op soek is na die Eenwording met MY.

Amen, MY kinders, amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205