DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

 

Hoofstuk 6

11.03.2008      07:08 

Daar is so baie verskynsels wat vir julle so snaaks voorkom en julle verstaan niks daarvan nie, maar Ek wil weereens vir julle die versekering gee dat EK in beheer is. Soos byvoorbeeld die nag van die lang messe. Julle verstaan nie waarom daardie ding moet gebeur nie en in julle verwardheid sien julle nie MY hand daarin nie. MY kinders, julle was ‘n edele volk en nou het julle heeltemal verval tot ‘n volk waarop daar getrap word omdat julle MY gebooie vertrap het. EK het julle altyd gelei en julle as volk so geseën sodat julle niks tekort gekom het nie. Om die waarheid te sê was julle almal in alles voor net omdat EK julle so geseën het. Julle weet nie wat regtig in die ander lande aangegaan het nie, maar EK, julle Vader en Verlosser kan vir julle sê dat julle hulle myle vooruit in alle opsigte was. Geestelik sowel as vleeslik. Maar in sy domme wysheid het satan dit goed geag om julle te verlei en hy sou dit nie reggekry het nie as julle net onwrikbaar in MY bly glo het en op MY alleen vertrou het nie. Julle het stelselmatig van MY af weg gedwaal deur die verandering van julle landswette en deurdat daar gemors van oorsee ingebring is wat julle hele wese besoedel het. Daar het julle begin val. EK weet dat julle voorgeslagte MY nie gedien het soos wat EK altyd wou gehad het nie, maar hulle  het ten minste baie respek en eer vir MY gehad. Dit sou EK maklik kon regstel het as hulle so gebly het en EK sou die oorgrote respek en eervolle betuigings van hulle maklik in liefde vir MY omskep het as hulle so gebly het, en nie die gemors van die ander lande aan hulle kinders kom bekend stel het nie. Sien julle nou waarom julle so verval het tot ‘n swak en nietige oorblyfseltjie? EK het vir MY ‘n handjievol oorgehou, en was dit nie vir julle wat nog getrou aan MY gebly het en julle nie vermeng het met die ander nasies nie, sou julle lankal uitgewis gewees het. MY kinders, Ek sal die wat MY getrou gebly het ook getrou bly tot in ewigheid omdat EK díe beloon wat op MY wag. Wag op MY en EK sal julle uitred uit die hande van julle verdrukkers. Gaan julle gang sonder vrees want EK, julle Jahshua is met julle en sal julle altyd help wanneer julle in die moeilikheid sit. EK wil julle vashou teen MY bors maar daar is nog teveel onreinheid binne julle en daarom moet EK julle volkie nou suiwer. Baie mense se oë het oopgegaan omdat hulle weet van die versrkiklike nag wat nog voorlê en hulle kom skaar hulle by MY voete en daardeur sal hulle gered word van ‘n afgryslike dood. EK sal egter net die red wat hulle nie versondig het met die ander nasies nie en hulle rein en suiwer wou hou tot aan die einde. MY engele staan gereed om die te red wat na MY roep in die dag van benoudheid maar wat MY ook geken het voor die groot benoudheid. Daar staan geskrywe dat nie almal wat MY aanroep gered sal word nie en dit beteken net die volgende; dat net die gered sal word wat MY voor die tyd in hulle vreugde en hartseer aangeroep het, gered sal word. EK is nie Iemand waarop jy kan terugval wanneer niks meer vir jou wil uitwerk nie. EK is jou Vader wat altyd by jou wil wees en in alles met jou wil deel. Moenie MY afskeep en van MY vergeet en die dag wanneer jy regtig probleme het, en jy nie meer ‘n uitkoms het, na MY kom nie. Daar is wel mense wat MY so vind, maar sonder dat hulle dit weet het hulle MY nog altyd liefgehad en het tog so af en toe aan MY gedink en gebid. EK ken elkeen se hart en weet wie daardie persone is en EK sal hulle ook help, maar dit is net die absolute goddeloses wat so stief deur MY behandel sal word. Dit klink miskien vir julle baie wreed van MY, maar julle weet dat EK net liefde en genade is en dat EK wel vir daardie mense in die hiernamaals ook plek gemaak het en dat EK hulle dáár sal help om by MY uit te kom sodat hulle nie volkome verlore gaan nie. Baie mense het MY eers in die hiernamaals gevind en baie liefgekry en hulle is vandag van MY engele en daarom mag julle nie lelik van ander praat nie, al was hy ‘n volslae duiwel op aarde. Miskien het daardie duiwel waarvan jy nou so praat heeltemal na MY gekeer in die hiernamaals en beskerm hy jou nou terwyl hy ‘n engel van MY is. Julle weet nooit wat met iemand aan die ander kant gebeur nie, totdat julle self hier aanland of heeltemal Een met MY word, dan sal julle eers alles verstaan. Gaan nou vandag en soek MY heel eerste in jou hart voordat jy met jou aardse werk voortgaan.

Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205