DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 1

05.04.2008 06:46

 

Wanneer Ek sien hoe MY kinders na MY kom in die gees is EK baie gelukkig en EK voel MY liefde vir julle almal wat net meer en meer word elke dag. Julle dink nou dat MY liefde mos nie meer en meer kan word nie aangesien EK dan net liefde is wat nooit kan ophou nie. En daar is mos nie perke aan MY liefde nie. Dit kan nie gemeet word nie en daarom lyk dit nie reg as EK sê dat MY liefde meer en meer vir julle word nie, maar die waarheid is dat MY liefde vir julle elke dag net meer ten toon gestel kan word omdat julle MY meer en meer lief kry. Die rede daarvoor is dat EK julle met meer liefde kan oorlaai soos wat julle MY meer liefkry omdat julle dan meer kan verdra. Julle kan net soveel verdra as wat julle kan, omdat julle net tot op ‘n sekere vlak ontwikkel is, maar wanneer julle meer en meer na MY groei, sal julle meer kan verdra en daarom sê EK dat MY liefde vir julle net elke dag meer en meer word. In der waarheid is dit julle liefde vir MY wat MY in staat stel om meer aan julle te gee. Dit is nie MY liefde wat vermeerder kan word nie aangesien dit alreeds tot in die oneindigheid in strek. EK kan net meer aan julle gee wanneer julle MY meer liefhet. MY kinders, EK sien die liefde wat julle vir MY en vir mekaar het en EK sien hoedat dit vermeerder elke dag en dit sal bly groei totdat julle heeltemal Een is met MY en dan sal dit weer nuwe hoogtes bereik waarvan EK julle nou nie eers kan vertel nie. Maar wanneer EK sien hoedat julle mekaar en vir MY meer en meer liefkry, word MY Vaderhart oneindig gelukkig en kan EK nie vir julle vertel van die wonderlike dinge wat EK vir julle sal gee daarvoor nie. Die beloning wat julle sal ontvang is te groot om op te noem en daarom belowe EK julle maar net die oneindige en sê EK niks meer nie. Wanneer die liefde alles oorheers, sal daar geen twyfel meer in iemand wees nie en hy sal MY onwrikbaar glo in alles wat EK vir hom sê. Jy kan jou liefde vir MY meet aan die twyfel wat jy het in MY en wanneer jy sien dat jy nog baie twyfel in jou het, moet jy weet dat jou liefde vir MY nog nie is soos wat dit moet wees nie. Liefde en geloof loop hand aan hand en dit is ook ‘n aanduiding van jou naasteliefde aangesien jy eers vir MY moet liefhê en dan jou naaste. Wanneer jy dan nog in MY twyfel, sal jy MY nie liefhê soos wat jy moet nie en dan sal jou naasteliefde ook daaronder ly. Daarom moet julle aan julle liefde vir MY werk sodat julle julle naastes kan liefhê soos julleself en dan sal die geloof ook reg wees. In die ou dae was daar baie mense wat in MY geglo het, maar hulle liefde vir MY was nie soos wat dit moes wees nie en EK het hulle gered. Dink maar net aan julle voorgeslagte en julle geskiedenis. Maar as daardie mense MY liefgehad het soos wat hulle moes, sou julle land vandag baie anders daaruit gesien het en julle sou nie nou in hierdie verknorsing gesit het nie. As EK nie met MY grote liefdevolle Vaderhand ingegryp het en julle paar wat hier by die herberg is, uitgeruk het nie, sou dit nog baie erger gegaan het aangesien julle gebede en julle naasteliefde nog baie ander mense in die lewe hou. Ja, julle gebede vir ander hou baie nog aan die lewe aangesien die oormag daarbuite vreeslik groot is en die planne teen julle volk amper oneindig is. Die wreedste moorde word vir julle volkie beplan, maar wanneer julle uit liefde vir MY en julle naaste aan MY vra om hulle te beskerm, sal EK dit doen omdat EK julle almal baie liefhet, en ‘n opregte gebed laat EK nooit onverhoord nie. MY kinders, dit is baie belangrik om vir julle naaste te bid aangesien daar binnekort ‘n pikswart nag sal aanbreek wat oor julle land sal versprei en dit sal almal wat nie by MY is nie en MY nie liefhet soos wat hulle moet nie, in die grootste duisternis en ongemak en ook die grootste gevaar dompel. Maar wanneer julle aan julleself werk en MY kom vra vir julle hulp, sal EK julle almal omvorm tot hemelwesens wat die ander sal help en sonder julle, wat EK hier sal lei en rig, sal daar niemand lewend uit hierdie duistere nag kom nie. As julle maar net weet wat die vyand vir julle almal beplan, sal julle dag en nag aan julleself werk en vergeet van julle liggame, want dit gaan tog net tot niet, maar die Gees bly vir ewig bestaan en wanneer die siel Een geword het met die Gees, sal alles vir julle maklik wees en julle sal met  nuwe ongekende krag, julle naastes daar buite gaan haal. Die sterfgetalle sal styg tot julle nie meer kan tel nie omdat julle volk bedorwe geword het en hulle MY nie meer behaag nie. Maar MY guns het op julle by die herberg geval en julle sal EK begenadig omdat julle alles vir MY gelos het. EK sal julle vul met MY GEES van liefde sodat julle sal uitgaan en julle familie en vriende daarbuite gaan haal wanneer die duistere nag aangebreek het. Dit sal vir julle te wonderlik wees om deel te wees van MY groot reddingsplan en dit geld ook vir die ander wat EK uitstuur na ander lande om mense daar te gaan haal. Die liefde vir MY mense is so groot dat EK julle wat nou hier versamel is, uitgekies het om julle broers te gaan haal , want as EK dit nie so sou gedoen het nie, sou daar nie een lewende oorgebly het nadat die vyand sy slag geslaan het nie. Maar hierdie keer sal die slag deur julle geslaan word omdat EK aan die stuur van sake is en EK sal julle rig en lei sodat niemand julle iets kan aandoen nie. MY kinders, EK het al aan julle gesê dat die tyd buitengewoon sleg sal wees en dit sal so wees, maar vir julle wat MY liefhet en wat Een sal wees met MY, sal dit ‘n fees wees aangesien julle MY die hele tyd sal sien en julle sal net vir MY luister, wat julle alles sal wys en sê wat om te doen. Julle sal sien hoedat MY engele tussen julle sal wees en saam met julle sal veg sodat die vyand elke keer les opsê. Dit sal wees soos geen oorlog in die verlede nie omdat niemand nog so Een met MY was nie. Julle sal die leiers wees van die wat nog nie met MY Een is nie en hulle sal julle volg  tot op die slagveld aangesien hulle MY in julle sal herken en net sal doen wat julle vir hulle sê om te doen. Julle sal dan op julle beurt weer net doen wat EK vir julle sê en omdat julle Een met MY sal wees teen daardie tyd, sal dit vir julle wees asof julle uit julleself handel, maar EK sal julle lei. Die wat nog nie MY stem sal kan hoor nie, sal stom van verbasing wees omdat julle soos een man sal optree sonder dat daar ‘n woord tussen julle gespreek word. Dit sal almal wat MY ook soek aanspoor om soos julle te wees en julle sal ‘n voorbeeld vir al die ander wees. Julle almal wat hier versamel is, is deel van MY groot reddingsplan en daarom het EK julle uit die wêreld gaan haal sodat EK julle Een met MY kan maak voor die groot stryd sal aanbreek. Dit belowe EK vir julle. Die een wat heel eerste met MY een sal wees, sal na julle kom en dan sal daar baie van julle Een word met MY omdat MY GEES dan oor elke een van julle kom, sodat julle heeltemal met MY sal verenig. Dit sal so gebeur en nie anders nie en daarom moet julle bid vir die een wat heel eerste met MY moet verenig sodat julle ook spoedig kan een word met MY. Bid tot MY vir sy siel en hy sal dan vinniger Een met MY word as wanneer julle nie vir hom sal bid nie. Lê julle hande op hom en bid vir hom en EK sal MY GEES oor hom uitgiet sodat dit sal geskied wat julle vir MY gevra het. Dit belowe Ek vir julle, maar julle moet nog steeds onthou dat MY tyd in MY hande is en dat MY tyd nie julle tyd is nie. Dink daaroor na en weet dat julle liefde vir MY die deurslaggewende rol sal speel.

Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205