DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 10

21 April 2008  03:07

 

In MY wêreld van liefde is daar net een taal wat gepraat word en dit is die taal van liefde. Die taal van liefde is iets wat oraloor verstaan word en na elke planeet waarheen jy kan gaan, sal mense daardie taal verstaan. Net in die hel word dit nie verstaan nie en die satan baklei baie daarteen omdat hy die teenoorgestelde van liefde is.Daarom word daar ook so  teen julle taal baklei omdat EK daardie taal uit MY liefde geskep het en alles waarvoor julle taal staan, moet dan deur die satan aangeval en vernietig word. Dit is dan ook die rede dat julle taal so vertrap en vermorsel word. MY kinders, daar is baie dinge wat julle nie verstaan nie en een daarvan was waarom julle taal so gehaat word deur die res van die wêreld. Julle het maar gedink dat dit oor julle self gaan en omdat dit die taal is wat julle praat, maar EK sê vir julle dat Afrikaans die taal is wat EK SELF vir julle geskep het omdat julle ‘n unieke volkie is en daarom haat almal dit so. Daar skuil baie meer daaragter as net die haat vir julle. Die haat teenoor MY is die eintlike rede vir die haat van julle taal. Daar is baie mense wat uitkom en sê dat die en daardie woord vanuit ander tale aangeleer is, wat wel die geval is met die nuwerwetse woorde wat julle gebruik, maar die groot woordeskat wat van ouds af gebruik is, is so deur MY vir julle geskep deurdat EK MY kinders gelei het om so te begin praat. Daarom moet julle trots wees op julle taal en nie toelaat dat mense julle taal vertrap nie. In die verlede het hulle julle probeer leer om Engels te praat sodat Afrikaans moes uitsterf, maar EK het dit nie toegelaat nie en nou is die stryd teen julle taal nog steeds aan die gang. Dit is dan ook ‘n stryd teen MY omdat satan weet dat dit EK is wat hierdie taal vir julle uitgekies het. Wees daarom versigtig hoe julle julle taal gebruik omdat die bose graag wil hê dat julle dit onsuiwer moet maak en dat dit later selfs op so ‘n manier moet uitsterf. EK sê nie dat julle geen woord wat uit ‘n ander taal uitkom mag gebruik nie, maar EK waarsku julle net en gee julle net agtergrond oor die rede dat julle taal so verafsku word. Dit is iets waaraan julle nooit gedink het nie, nê! MY kinders, die haat teenoor julle en daardeur ook vir MY is geweldig groot en julle sal nie die omvang daarvan kan verstaan nie, nie voordat julle Een met MY geword het nie. EK het wel MY eie geestelike taal wat nie deur iemand in die vlees aangeleer kan word nie, maar wanneer jy meer en meer in die gees begin wandel, wal jy MY geestelike taal dan ook beter kan verstaan en daarom kan jy nie altyd die dinge wat in die gees met jou gebeur in woorde omsit nie. Julle sal later almal geestelik met mekaar kan kommunikeer sodra julle in die gees so vêr gevorderd is en sodra julle almal Een met MY is. MY kinders, julle is ‘n koninklike priesterdom ,deur MY uitverkies tot groot dinge en tot die Eenwording met MY en daarom kan en sal die wêreld julle nie uitlos nie. Daarom word julle ook deur die media aangeval en sal hulle julle name beswadder omdat die satan die koning van die wêreld is en hy nie sal toelaat dat die waarheid oor julle uitkom nie. Steur julle egter nie aan dit wat die mense en die media oor julle sê nie, want dit is net MY opinie oor julle wat tel. MY kinders, julle almal sal die Eenwording met MY ondergaan en dan sal die wêreld niks meer van julle kan sê nie omdat julle orals waar julle sal kom, die waarheid uit sal dra en allmal na wie EK julle sal stuur, sal die waarheid oor julle weet. EK sal nie toelaat dat daar kosbare mense verlore gaan net omdat die media en die satan, wat hulle pa is, julle name deur die modder gesleep het nie. Glo daarom nog steeds in MY  verlossende krag en bou op MY, julle Rots. Orals op aarde word julle deur die modder gesleep en dink die ander lande dat die boere hierdie slegte mense is wat ander nasies martel en pynig vir hulle eie gewin, maar die ware opregte wat in die ander land sit, sal die waarheid oor julle glo en nie die leun nie.EK sal dit aan elkeen wat ‘n opregte hart het, bekend maak en daarom sal julle nie altyd beswadder word nie. Maar dink maar net aan MY. In die ander lande is daar ok van MY lelike dinge gesê omdat die owerpriesters lelike en valse dinge van MY versprei het, maar nog steeds het daar mense van ander lande na MY gekom omdat hulle MY self wou kom ontmoet. Dit het tot gevolg gehad dat baie van hulle bekeerd geraak het en van MY groot liefde bewus geraak het. Dit sal ook so met julle wees. Die media probeer julle volkie so sleg as moontlik voorstel in die ander lande ook, maar daar is baie mense oorsee wat graag ‘n Boer sal wil ontmoet, omdat daar tog diep in hulle harte waarheid insteek, en daardie waarheid in hulle harte vir hulle sê dat die stories oor julle net versinsels is. Dit is dan daardie mense wat graag hierheen sal wil kom en dit is hulle wat julle daar anderkant sal gaan haal en hierheen bring. Hulle sal dan gewilliglik al hulle eie dinge daar anderkant los sodat hulle julle taal aan sal leer en met julle sal meng. Maar EK het elke volk uniek gemaak  en sal hulle daarom nie aanraai om al hulle eie tale af te leer en net julle taal aan te leer nie, hoewel baie dit uit hulle eie sal wil doen. Hulle sal uit respek vir julle en daardeur vir MY, omdat hulle weet dat julle MY uitverkorenes is, hulle eie taal afleer en julle taal aanleer. EK het niks daarteen nie, maar het elkeen lief soos wat hy of sy is en dit maak nie saak watter taal iemand praat nie, hy of sy bly MY kind, al praat hy nie Afrikaans nie. MY kinders julle is vir MY heilig en daarom wil EK hê dat julle heilig moet lewe en julle almal weet hoe. Almal van julle weet hoe lewe ‘n mens heilig sodat julle een met MY kan word. Dit is die belangrikheid op aarde. Geen aardse belange is vir MY belangrik nie. EK kan alles net so vir julle gee wat julle nodig het. Waarom moet julle duur items hê? Waarom moet julle voortvarend op aardse vlak wees? Wat is dit vir MY om ‘n mens skielik ryk of arm te maak? Daarom moet julle nie in aardse term aan dinge dink nie, maar dink vooruit sodat julle siele daarby baat kan vind. EK alleen kan die geestelike dinge ook aan julle gee en die wat ernstig genoeg is daaroor, sal dit van MY verkry, vry gratis en verniet. Jy hoef jou nie morsdood te werk daarvoor nie, al het jy arbeid aan jou siel nodig. EK is getrou en beloon jou vir die geringste moeite van jou kant af en daarom sal jy sien hoe jy beloon word vir die werk van jou kant af aan jou siel. Wanneer jy aan jou siel werk en EK gee jou ’n beloning , sal jy alles agterlaat vir dit en nooit weer sal jy terugkyk en iets beters begeer nie omdat jy sal besef dat daar niks beters is nie. Daar is niks beters as om MY te dien nie, en dit beteken nie net dat dit die beste is nie, maar ook dat vir die wat al geestlike gawes van MY ontvang het, dit lekkerste ding is wat nog ooit met jou gebeur het en daarom verkeis jy niks meer bo MY nie. Jy sal dan net die heeltyd vir MY wil dien. Self sal jy dan die aardse dinge afsterf en geen belangstelling meer hê behalwe om MY te dien nie. EK sal jou alles word en elke aardse ding sal van jou af wegval en jy sal nie weer ‘n begeerte daarna hê nie. Dit belowe EK jou. Doen net die eerste stap in daardie rigting en verlaat alle aardse dinge vir MY en jy sal sien wat EK bedoel met die wonderlike gevoel wat EK in jou hart sal laat plaasvind. Dit belowe EK vir elke een wat nog twyfel of hy sy aardse dinge moet laat staan en na MY herberg toe moet kom. Die wat hier is, sal MY vir niks ter wêreld verruil nie, al het hulle aardsgesproke niks meer nie. EK het hulle alles geword en so verkies hulle dit. Die wat nie liefde het nie, sal dit nie verstaan nie en daarom spoor EK julle tot liefde aan. Kom tot die liefde, wat EK is, en jy sal ook verstaan. EK sê dit vir julle met die grootste liefde denkbaar, wat vir altyd sal bestaan.Amen

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205