DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 12

23 April 2008  03:33

 

Daar is baie dinge in MY koninkryk waarvan julle nie eers bewus is nie omdat julle nog te swak is om  dit te dra en daarom maak EK dit nie aan julle bekend nie. EK praat nie daarvan met julle nie omdat julle dit in die eerste plek nie verstaan nie en ook omdat dit vir julle te swaar sal wees om te dra. Nou, MY kindertjies, sal julle weet dat EK ondeurgrondelik is en dat julle MY nooit ten volle sal verstaan nie. Daarom sal satan probeer om julle te verlei en aan julle dinge te sê weat julle heeltemal deurmekaarkrap sodat julle nie by MY kan uitkom nie en sodat daar verwarring onder julle kan heers. EK wil nie hê dat dit so moet wees nie en wil hê dat julle altyd julle antwoorde by MY alleen sal soek en dat julle nie vir iemand anders ‘n antwoord sal vra nie. Wanneer jy dan iemand anders gaan vra, beteken dit dan dat julle nie in MY alleen vertrou nie en dat julle die woorde van iemand anders baie hoër ag as wat julle MY woord ag. Wanneer EK dan vir jou ‘n antwoord gegee het, moet jy daarby berus en nie daarin twyfel nie. EK sal nooit vir julle lieg nie, maar wanneer EK vir jou iets gesê het, sal Ek nie altyd dieselfde antwoord aan iemand anders gee nie omdat EK dit doelbewus doen sodat jy moet stop en weer daaroor dink en dan sal jy twyfel omdat jy dan nou ‘n ander antwoord van MY ontvang het as die persoon waarna jy gegaan het vir bevestiging. Die twyfel sal dan van jou posvat en jy sal weereens terugkom na MY vir ‘n antwoord en daarom doen EK dit. Wanneer jy dus iets van MY ontvang, glo dit met jou hele hart en dit sal so wees soos wat EK vir jou gesê het. EK weet ook dat julle net swak mense is en sal dan ook baie keer wel vir jou bevestiging by iemand anders gee, maar wanneer EK daaroor besluit, nie wanneer jy uit jou eie uit na iemand gaan vir bevestiging nie. Glo dus MY woorde anders sal EK altyd vir iemand anders ‘n ander antwoord gee as wat jy gekry het. EK is die Groot EK IS en niemand kan met MY speletjies speel nie en wanneer julle dan van mens tot mens gaan en bevestiging vra vir MY antwoorde aan julle, sal EK nie met MY laat speel nie. EK antwoord elkeen na sy vraag aan MY en daarom moet julle glo wat EK julle sê. Kom na MY en MY alleen en glo wat EK vir jou sê omdat EK vir jou lief is en nie sal toelaat dat die verkeerde gedagtes in jou heers nie. Wanneer EK sien dat jy deur ander mense verlei is om die verkeerde dinge te glo, sal EK dit regstel op ‘n baie subtiele manier en jy sal agterkom dat EK alleen die EEN is wat waarheid spreek. EK sal die waarheid altyd die lig laat sien omdat EK waarheid is en die satan die leun is. Hy sal egter nie die voorreg kry om by MY herberg te heers as julle hom nie die voorreg gee nie. As julle glo wat EK julle sê sal hy nie die voorreg kry nie en sal EK altyd daar heers, maar wanneer julle aanhoudende vir hom die vrypas gee om daar te wees, sal hy inkom en van julle gebruik maak om onmin te saai deur verkeerde instellings en verkeerde gedagtes te daai. Luister daarom baie goed na MY stem en moenie ingee vir die twyfel nie, want hy saai twyfel. Verban alle twyfel in julle harte en julle sal bly leef in MY en daar sal van sy planne niks kom nie. Die grootste plan van satan is om MY uitverkorenes wat daar bymekaar is uitmekaar te jaag weens twyfel en ander dinge wat hy in elkeen se gemoed wil saai. Dit sal vir hom die grootste oorwinning wees as hy MY engele wat weer op pad is na MY uitmekaar kan jaag en onmin kan saai sodat julle nie die Eenwording kan bereik nie en daarom moet julle die hele tyd waak en bid sodat hy nie in sy planne kan slaag nie. EK het aan MY skryfkneg bekend gemaak dat hy op pad is na julle met ‘n baie groot aanval en dat sy die hele dag in MY moes bly om dit te verhoed. Vandag sal hy egter nog harder probeer en daarom moet julle almal die hele dag by MY in die gees bly sodat hy nie kan inkom nie. Hou julle gedagtes nie ‘n enkele oomblik van MY af weg nie en gesels nie met mekaar oor aardse dinge nie omdat dit hom nader kan lok as hy gesprekke hoor waaraan hy deel kan neem deurdat julle van sy koninkryk praat. Gee alles in MY hande oor en vertrou net op MY omdat hy julle almal haat en omdat julle in baie groot gevaar is om onderdruk te word deur hom en sy makkers. EK sal julle beskerm, maar die grootste aanval nog word op julle beplan en daarom waarsku EK julle nou voor die tyd. Kom almal nna MY en EK sal dit ook SELF aan julle beken maak in julle harte sodat julle kan verstaan waarom dit gaan. EK sal nie een van MY kinders laat verlore gaan nie en daarom waarsku EK julle voor die tyd want EK kan niks daaraan doen as julle hom laat inkom nie want dit keuse is julle s’n. Maar MY plan van ewighede gelede sal so uitkom soos wat dit deur MY en julle bespreek is en daarom sal julle almal die Eenwording met MY deurgaan sodat julle julle naaste kan gaan help en sodat julle dit kan doen wa EK julle belowe het. Dit sal so geskied soos wat EK van eeue gelede af beplan het en niks sal MY van MY planne laat afsien nie. So, MY kinders, glo onwrikbaar in MY en weet dat EK alleen julle Vader en EL is en dat satan net die vastrapplek kan kry wat julle vir hom gee. Bly vandag in die gees by MY sodat hy julle nie storm kan loop en julle onderstebo hardloop nie. Dit sê EK omdat EK julle wil waarsku vir die aanval wat gaan kom.

Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205