DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 13

25 April 2008

 

Julle wat MY wil dien, staan soms verbaas en kyk na die manier waarop julle MY in die verlede gedien het en dan wonder julle waarom julle nie meer dieselfde ywer vir MY het nie. Julle kom agter dat julle vermoeid begin raak en dat julle ywer vir MY daaronder begin ly. Nou wil EK vir julle sê waar die fout lê. Julle is altyd geneig om te dink dat julle nie vir MY hoef te kom vra vir krag en leiding nie omdat julle MY die hele tyd voor oë het. Maar EK wil vir julle sê dat EK net dit gee wat jou siel begeer en dat julle MY baie min kere kom vra vir krag vir julle daaglikse ywer vir MY en dit is daar waar die fout lê. Julle kry ontsettend baie krag van MY en dan dink julle dat dit voldoende is om aan die lewe te bly vir altyd. Dit sal vir altyd hou as julle MY daagliks kom vra vir krag en niemand van julle doen dit so gereeld soos wat jy moet nie. Kom vra MY daagliks vir krag om ywerig te bly vir MY en julle volk sodat julle lig helder kan skyn en dit nie sal verduister nie. Julle glo dat EK dit kan doen, maar tog doen julle dit nie. MY kinders, die rede dat julle elke dag vir MY vir  hernude krag moet kom vra is maar net omdat julle al julle kragte opgebruik omdat julle so baie moet stry vir MY. Julle besef nie hoeveel krag julle wel benut om teen die bose staande te kan bly nie en dit gebruik hy dan die oomblik as hy sien dat julle krag in MY verminder het. Die bestryding van die bose vreet julle kragte op as julle nie kort-kort kom vra vir nuwe krag nie en daarom sal julle dan al hoe meer en meer verswak totdat julle later agterkom dat julle net al hoe swakker en swakker word en dat julle ywer vir MY net al hoe meer en meer verdwyn. Daar is die onder julle wat MY altyd vir krag kom vra en dan sterk kan bly, maar die oorgrote meerderheid doen dit nie en dan kom huil julle later bittere trane by MY omdat julle besef dat die fout by julleself lê. Kom vra vir MY krag in julle binneste en weet dat EK dit vir julle sal gee omdat EK graag wil hê dat MY kinders staande in MY sal bly. Weet dat EK die hoogste vir elkeen wil gee wat hy kan verdra en weet ook dat EK elkeen wat MY uit die liefde in sy hart wil dien, so sal seën met die nodige krag om sy naaste te kan dien, al sit hy (die naaste) nog diep in die verderf. Luister nou na MY, MY kinders julle is uitgekies deur MY om hierdie groot taak op julle skouers te dra en dit met sukses uit te voer en daarom sal EK vir julle die nodige voorsien om dit te kan volbring. EK het elkeen lief, maar kan iemand anders in jou plek kies as jy nie meer die nodige ywer vir MY het nie. EK is almagtig en kan alles doen en het nie ‘n nietige mens nodig om MY werk vir MY te doen nie. EK SELF sal mense gaan red en uithaal sonder dat jy nodig is daarvoor en daarom moet julle by MY kom vra vir krag om ywerig te bly want MY hart word ook seer wanneer EK sien dat iemand se ywer vir MY verdwyn en hy nie kom vra vir nuwe ywer nie. Die wat MY bo alles liefhet sal dit weet en dit herken as die waarheid. Kom vra vir krag, wil EK weer sê en EK wil hê dat julle dit sal onthou omdat dit baie nodig is vir jou daaglikse bestaan en sodat jy staande kan bly teen die bose aanvalle wat op julle gaan verskerp.  Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205