DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk14

25 April 2008 04:20

 

Waarom twyfel julle in MY? Is dit dalk omdat julle MY nie lief genoeg het nie? Ja, Ek sal julle sê dat dit die geval is en dat julle daaraan moet werk om MY by die dag liewer en liewer te kry. EK wil aan julle alles gee en julle twyfel daaraan omdat julle dink dat julle MY nie werd is nie en dat julle die dinge self uitdink. Dink julle regtig dat julle so ‘n wonderlike verbeelding het? Het EK julle nie geseën met ‘n verbeelding wat vêr te kort skiet vir hierdie soort van dinge nie? Waarom sal jy jouself verbeel dat jy iets van MY ontvang? MY kinders, EK weet dat julle teveel ontsag vir MY het om dinge vir julleself uit te dink en daarom wil EK hê dat julle moet glo wat EK vir julle wys en ook wil EK hê dat julle, julle kinders moet glo wat beweer dat hulle MY kan sien en hoor. Glo dit met julle hele hart en siel want EK wys en gee dit vir julle om julle sterk te maak en dit is ook hoe EK vir julle krag gee vir die dag en om voort te gaan met diens. Wees maar net rustig en vertrou net op MY want EK sal nooit vir julle lieg nie. Kom soek MY met ‘n opregte hart en wanneer jy dan iet sien, weet dan dat dit EK is wat dit vir jou gegee het uit MY groot liefde vir jou. EK sal met elkeen van julle praat en EK sal elkeen van julle met krag besiel sodat julle kan staande bly teen die bose aanslae en dit is ook hoe EK julle versterk. EK sal niemand van julle om die bos lei deur te glo dat EK vir jou iets gegee het en dan is dit nie EK nie. EK sal dit aan jou duidelik maak en hoe meer jy dan daaroor nadink, hoe meer sal jy besef dat jy dit nie vir jouself kon uitdink nie. Glo net onwrikbaar sodat die satan jou nie kan aanval op grond van jou twyfel nie. Wanneer jy MY met jou hele hart wil dien, sal EK vir jou ook dinge wys wat jy nodig het om te glo en dit sal dan vir alles bewys wat jy nodig het omdat EK dit SELf vir jou sal gee. Jy sal dit direk uit MY hande ontvang omdat EK net liefde is en omdat EK elkeen na MY wil trek en sodoende wil EK julle dinge wys wat jy nodig het vir jou sielsontwikkeling. Jy het dit nodig sodat jy ander kan gaan help en dit is nie noodwendig vir jouself nie. Wanneer jy sterker en sterker in MY gegroei het, sal EK jou meer en meer wys sodat jou krag in MY ook kan vermeerder en jy meer uit MY hand kan ontvang. EK sal elke een wat MY wil dien nooit wegwys nie omdat EK julle almal baie liefhet en die ywer vir MY baie hoog op prys stel. Dit sê EK vir julle met al MY liefde in MY groot vaderhart en wil hê dat julle nou vir eens en vir altyd moet glo dat EK nog altyd wonders kan doen. Glo net en dit sal vir jou ook gebeur.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205