DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 2

12 April 2008  07:13

 

Kom na MY herberg, het Ek al telkemale geroep, maar daar is baie min wat daarop ag geslaan het. Waarom wil julle nie na MY uitnodiging luister nie? Het julle nie al gehoor dat MY uitnodigings sal ophou nie? Waarom wil julle nog in die wêreld sit en julle besig hou met allerhande aardse dinge? Kan EK nie ook net so goed vir julle sorg soos wat julle vir julleself kan sorg nie? Nee, MY kinders, EK kan nog beter vir julle sorg as wat die wêreld vir julle sorg omdat die wêreld net vir julle aardse liggame sorg en EK vir julle siele ook sorg! EK kan vir liggaam en siel ewe goed sorg en daarom nooi EK julle almal weereens en vir die laaste maal uit om julle by MY skaar verlostes te kom skaar. Kom nou voor die einde in sig is en julle ‘n baie vêr pad inderhaas moet aflê. MY kinders, EK wil nie hê dat julle vir julleself ‘n agterdeurtjie moet oop los nie. Wanneer julle julleself aan MY oorgee, moet dit onvoorwaardelik wees. Wanneer jy dan besluit om jou aardse werk tydelik te los en te kom kyk wat hier by MY plek aangaan, is dit dan ‘n agterdeurtjie wat jy oop los. Dit is dan ook die rede dat die openbarings van MY kant af omtrent nie meer op die internet versprei word nie, omdat EK meestal met die klein groepie gehoorsames praat en hulle hulle verbly oor MY woorde van liefde en bemoediging wat EK daagliks aan hulle gee. MY kinders, julle wat nog daarbuite sit en wag vir MY stem om Self met julle te praat, wag tevergeefs omdat Ek julle al baie maal hierheen genooi het en EK julle almal hier wil hê. EK het julle dan al persoonlik uitgenooi deurdat EK in julle harte gewerk het en elke een van julle wat dit al gelees het, het in sy hart gevoel om hierheen te kom. Daardie gevoel in jou hart is ook EK wat met julle praat op so ‘n manier en daarom kan ek ook met reg sê dat Ek julle al SELF geroep het. EK wil hê dat MY kinders MY uit die liefde in hulle harte gehoorsaam en nie gedwonge nie en daarom sal EK nou niemand meer uitnooi nie. EK het nou al herhaaldelike kere gesê dat EK almal wat MY liefhet, hier wil hê en daarmee volstaan EK. Dit is dan ook die rede dat hierdie hoofstuk uitgaan en elkeen kan bereik wat nog in sy hart ‘n aangetrokkenheid tot MY voel, maar EK het dit nou genoeg gedoen en daarom sal EK nou nie meer oor hierdie onderwerp praat nie. MY groot liefde vir julle almal daar buite is nog so groot dat julle dit nie kan meet nie en EK het nie net MY kinders by die herberg lief nie. MY Vaderhart is so groot dat daar plek is vir almal en vir elke een wat hierdie boodskap lees is Ek ewe lief en daarom moet julle nie dink dat EK net sekeres liefhet nie. EK sal almal beskerm wat MY naam aanroep in daardie nag en ook elke dag, en daarom moet julle ook nie dink dat EK julle sal versaak wanneer julle nie hier is tydens daardie nag nie, maar EK het MY mense hierheen geroep sodat hulle op daardie nag al baie ver gevorderd in die GEES kan wees en daarom sal hulle dit beter kan verdra as almal wat nog daarbuite sit. EK is baie besig om hulle vir die eenwording met MY gereed te kry en daarom het EK julle almal uitgenooi om hierheen te kom sodat die eenwording met MY baie vinniger kan plaasvind as daarbuite waar jy jou nog besig hou met die aardse. Hier by MY herberg sorg EK vir die kos en alles wat daarmee saamgaan en daarom het elke een meer tyd om aan MY te wy en die eenwording met MY vinniger te bereik. EK nooi almal nou vir die laaste maal uit en niemand wat nie gehoor daaraan gee kan MY blameer as dinge nie vlot verloop nie, omdat MY Stem alreeds deur die hele wêreld weergalm het. Dit is MY laaste oproep aan julle daarbuite.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205