DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 22

 

5 Mei 2008 19:29

 

Die liefde wat julle vir MY het is vir MY mooi, maar tog wil EK julle maan om gedurigdeur aan julle liefde vir MY te werk. Julle is geneig om afgestomp te raak omdat aardse dinge julle besig hou en julle aandag dan van MY afgelei word. Konsentreer dag vir dag op julle groeiende liefde vir MY en julle sal sien hoedat EK julle seën met MY liefde vir julle. Voor julle weet wat aangaan, sal julle reg vir die wedergeboorte wees en sal EK na julle kan kom. Maar voor daardie tyd aanbreek, moet julle net op MY konsentreer en alles vir MY gee. Gee elke liewe vesel in jou liggaam vir MY sodat EK dit kan vul met MY GEES en jy gereed kan wees vir dit wat voorlê. EK sal elkeen sterk maak vir die werk wat hy vir MY het en niemand sal net so deur MY gelaat word nie. Vra MY om jou reg te kry en jy sal sien dat daar dinge in jou liggaam en siel gebeur. EK kan alles doen en sal niemand net so los nie. MY kinders, julle wonder waarom dinge so stadig gaan en waarom daar van julle is wat weg gaan en nie weer wil terugkom nie, maar EK sal vir julle sê waarom. Dit is omdat die nodige erns met MY en die nodige liefde vir MY ontbreek. Daarmee wil EK nie sê dat hulle wat weggegaan het, MY nie liefhet nie. Nee, hulle het MY lief, maar die liefde wat hulle het vermeerder hulle nie. Hulle stagneer in die gevoel wat hulle vir MY het, maar werk nie daaraan om hulleself kleiner en M groter te maak nie. hulle werk aan hulleself op maniere wat hulle liefde vir MY nie vergroot nie. Dit is die ware probleem met hulle. MY kinders, gaan sit en konsentreer net op MY. Konsentreer op alles wat jy van MY weet en alles wat jy van MY wil weet en jy sal sien hoedat EK jou met alles help. EK sal die liefde wat jy vir MY het vergroot totdat jy dit nie meer in ‘n aardse liggaam kan verdra nie, en dan sal EK kom met die eenwording wat nie veel meer langer kan uitbly nie. Kom sit op MY skoot gedurig en moenie net vrae vra nie. Kom sê MY dat jy MY liefhet en dat niemand vir jou so belangrik is nie. Kom sê net vir MY hoe lief jy MY het en jy sal sien hoe EK jou met MY liefde vervul. Jy sal dán eers geestelik begin groei omdat EK liefde is en jy dan met MY gemeenskap het omdat jy dan ook liefde aan MY openbaar. Liefde vir MY kom heel eerste en daarna sál die liefde vir die naaste volg omdat EK dit vir jou gee. EK het mos gesê dat jy MY net moet liefhê en dat EK dan alles vir jou sal byvoeg. Dit behels ook die naasteliefde. Dit beteken nou nie dat julle mekaar maar sleg kan behandel en net vir MY later om sê dat jy MY liefhet sodat EK jou moet verander nie. Nee, dit beteken dat, as jy MY bo alles liefhet, jy jou naaste dan uit jou eie uit sal begin liefhê en dat jy simpatie sal hê met almal wat minder as jy het of met iemand anders wat swaarkry. Jy sal ook agterkom dat jy wel ook vir die wat meer het as jy iets in jou binneste voel. Ook sal jy nie meer kwaad word vir jou broer of selfs die vreemdeling wat jou paadjie kruis nie. Dit is nie uit jou eie uit dat jy so geword het nie, maar weens die liefde wat jy vir MY begin koester het. Werk aan jouself deur aan jou liefde vir MY te werk en jy sal die verandering in jouself sien. EK belowe nie iets wat EK nie kan nakom nie, maar baie belowende dinge beloof EK julle. Dinge wat tot uiting kom wanneer julle MY bo alles liefhet. Daarom moet julle weet dat dit nog steeds die belangrikste is  en nie die ontvang van groot woorde of belangrike openbaringe nie. Vir MY, wat julle Vader is, is dit die heel belangrikste as EK net met jou wat MY kind is, kan praat en gemeenskap het met liefde tussen Ons twee. Gaan nou en kom betuig net jou groot liefde vir MY en jy sal sien hoe vinnig die Eenwording met MY vir jou sal kom. Dit is ook ‘n baie “belowende” belofte van MY, aan julle, MY kinders.

Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205