DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 23

23 Mei 2008 08:39

Baie keer in die verlede het EK al aan julle gesê dat daar sekere dinge sal gebeur en volgens julle het dit dan nooit gebeur nie. Nou wil EK vandag aan julle iets heel nuuts bekend maak daaromtrent. Wanneer julle net in MY glo soos kinders, sal dinge altyd vir julle so uitwerk soos wat EK al aan julle gesê het. Kinders glo onwrikbaar en daarom is dit vir ‘n ouer so moeilik om nie hulle beloftes aan hulle kinders na tye kom nie. Dit is ook so met MY. Hier en daar is iemand wat onwrikbaar en met die grootste vreugde en opgewondenheid in MY geglo het en vir daardie persoon het dinge dan net so uitgewerk soos wat EK gesê het. Nou is daar dan ook die onder julle wat onwrikbaar geglo het en niks het gebeur nie. Hoekom het daar dan niks gebeur nie? Dit is net uit julle oogpunt so gesien en daarom wil Ek al vandag aan julle iets vertel wat julle nie geweet het nie. Wanneer EK beloftes maak, gebeur dit net so soos wat EK gesê het, maar in der4 waarheid is julle te blind om dit te sien. Glo net en julle sal dinge om julle sien gebeur. Soos byvoorbeeld die eenwording. Daar is al baie van julle wat meer en meer een met MY geword het op die dag dat EK dit vir julle gesê het en julle sien dit nie in julle eie siele raak nie en daarom dink julle dat niks gebeur het nie. Glo net dat daar wel iets met julle siele gebeur het. Wanneer EK sê dat jy een met MY geword het beteken dit nog lank nie die wedergeboorte nie, maar dit beteken net dat daar meer van jouself verdwyn het om plek te maak vir MY en dat EK daardie plek met MY GEES gevul het. Byvoorbeeld iemand wat daardie dag homself verloën het op ‘n sekere wyse. EK het mos geweet dat daardie betrokke persoon op daardie dag iets van homself sal prysgee en dat hy homself in naasteliefde sal vergeet. Wat gebeur dan met so iemand se siel? HY verloor iets van homself of hy gee iets van homself vrywillig af en so bereik hy ‘n punt dat EK MY met hom op daardie gebied kan verenig. EK het dit voor die tyd geweet en daarom sê EK aan hom dat hy op daardie dag met MY een sal word. Daar gebeur dan iets en hy vergeet van homself en EK kan dan binnetree en daardie klein stukkie met MY GEES vul. Dan het hy mos op daardie dag met MY een geword. Daar is dan ‘n klein stukkie in daardie mens wat heeltemal een is met MY. Glo net wat EK vir julle sê. MY dissipels het MY ook baie keer misverstaan en was baie ongelukkig met MY oor sekere dinge wat hulle nie verstaan het nie. Maar op die ou einde het hulle tog verstaan en was diep gekrenk oor hulle eie verkeerde optrede. Wanneer EK dan ook sê dat Elia sal uitgaan, bedoel EK dit en dit is vir julle gesê ook om julle geloof te toets. EK moet julle toets sodat julle liefde vir MY deur die brandoond moet gaan. Hoe kan ‘n getroude paartjie se liefde vir mekaar getoets word? Deurdat hulle gelukkig altyd saam op ‘n plek bly waar daar niemand anders is wat tussenbeide kan tree en hulle liefde aan mekaar op die proef kan stel nie? Nee, dit is nie hoe hulle aan mekaar trou bewys nie. daar moet ander mense wees wat hulle op die proef stel sodat hulle kan leer om mekaar te vertrou en sodoende sal hulle liefde vir mekaar dan ook groter en groter word. Net so is dit met MY en julle. Julle is MY bruid en EK is die bruidegom en daarom is dit ook noodsaaklik dat die bruid getoets moet word en die bruidegom wil graag sien dat hy met ‘n bruidjie trou wat HOM opreg liefhet maak nie saak wat nie. Onthou dit wanneer julle weer moedeloos word en gaan doen ondersoek en kyk of die fout nie dalk by jouself lê nie, want die fout lê dikwels by julleself en nou by MY nie. EK is julle Alfa en Omega en julle sal dit binnekort met meer oortuiging glo omdat EK na julle sal kom op die manier wat julle verstaan. Gaan nou die dag met nuwe vreugde in omdat EK nooit MY beloftes aan julle net sommer sal vergeet nie. En dit is weereens ‘n belofte van MY aan julle almal.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205