DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 24

23 Mei 2008 08:58

Blomme is julle vir MY en elkeen het sy eie unieke geur en kleur. Vir elkeen van julle het EK ‘n besonderse geur gegee en EK vind behae daarin om in MY blomtuin rond te loop en aan MY blomme te ruik en te kyk hoe hulle vir MY oopgaan. MY kinders, daar is tans ‘n paar blomme wat heeltemal vir MY oopgegaan het en EK is diep geraak daardeur omdat dit beteken dat die wedergeboorte op hande is. Julle dink dat die wedergeboorte iets is wat EK aan julle moet gee op ‘n bepaalde tyd maar dit is nie so nie. julle moet self daaraan werk. Wanneer die tyd dan reg is, sal EK kom en julle sal self vir MY oopgaan. Dan sal EK julle met MY stuifmeel van liefde bestuif en julle sal vir MY vrug dra. MY kinders, verstaan julle hierdie beeldspraak? EK praat van julle harte wat vir MY oop sal gaan en vir MY sal blom. EK weet dat julle harte al lankal vir MY oop is omdat julle MY liefde in julle laat ontwaak het, maar julle hele hart moet vir MY oopgaan sodat EK julle heeltemal kan vul met MY liefde. Wanneer julle nog iets terughou sal dit nie geskied nie en dit sal vir MY moeilik wees om julle te vul omdat daar dan nog van julle eie ek in die middel vassit. EK sal net die kan vul wat heeltemal leeg en oop voor MY staan. Bestuiwing kan nie plaasvind wanneer die blom nog halfpad toe is nie. maak oop vir MY sodat MY lig ook in die blom in kan skyn en julle MY liefdeslig kan ontvang. Dit is weereens ‘n les vir julle almal en EK wil dit vir julle op die hart druk om te gaan kyk of jy nie dalk diep in jou wese nog iets van jouself terughou nie. gee alles weg en jy sal deur MY bestuif kan word sodat jy vrug kan dra en EK jou in die wêreld kan uitstuur en jy vir MY kosbare arbeid in die wingerd kan gaan verrig. Dink daaroor na omdat dit noodsaaklik is vir die wedergeboorte om heeltemal oop te wees vir MY, die groot Tuinier wat behae in SY pragtige blomme skep.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205