DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 25

23 Mei 2008 09:27

Skeppingswonders by die dosyne is daar nog op hierdie aarde van MY en die plek waarop julle bly. MY kinders, julle het gister daaroor gepraat en julle het gesê dat daar baie dinge in hierdie aarde en op hierdie aarde is waarvan julle nie bewus is nie. Dit is is wel so en EK sal nou aan julle dinge vertel wat net julle sal glo omdat julle MY liefhet. Moet egter nie daaroor praat met ander mense nie aangesien hulle nie sal verstaan wat Ek aan julle gaan vertel nie. MY kinders, in die lug om julle is daar nie baie dinge wat julle kan sien behalwe die pragtige voëls wat oor julle vlieg nie. Maar diep in die aardbodem is daar baie dinge waarvan nie eers die “slimste” wetenskaplike bewus is nie. Dinge so groot dat julle dit nie sal verstaan , al verduidelik EK dit aan julle nie. Maar EK sal dit so maklik as moontlik aan julle verduidelik. Diep in die aardbodem is daar ‘n dier genaamd hippopotamus, wat verwant is aan die seekoei of hippopotamus soos wat julle dit ken. ‘n baie kragtig en groot dier wat van die afvalstowwe van die aarde leef. In die ondergrondse mere en damme kom hierdie dier voor en hy swem daagliks deur al die vore en kanale van die aarde. Die vore en kanale staan ook bekend as are en daarin is water wat deur die hele aarde versprei word. Die dier is spierwit omdat hy nie sonskyn sien nie. ook is hy op ‘n ander manier saamgestel as die seekoeie wat julle ken. Die dier leef van die ondergrondse of onderwaterse diertjies wat ook baie diep in die aarde voorkom. Net soos wat die walvis in die see van die kleinste diertjies leef, leef hierdie dier ook van die kleinste organismes wat diep onder julle voorkom. Hierdie dier is verantwoordelik vir die instandhouding van die are en mere onder die grond. Die water word dan ook op so manier suiwer gehou en skoon gehou deurdat alle afvalstowwe wat deur julle mense gemaak word en in die grond gepomp word deur hierdie dier opgeneem word. Jy kan maar sê hierdie dier is ‘n filter wat onsuiwerhede uit die water opsuig en alle diertjies wat dan ook daar is om onsuiwerhede op te suig, word ook deur hierdie groot dier verslind. MY kinders, ook is daar baie dinge in die pole wat vir julle nog onbekend is en net die wat wedergebore is,sal dit kan verstaan. Glo net as EK dit vir julle sê. EK sal aangaande julle glo en meer en meer een met MY word, meer aan julle bekend maak in verband met hierdie dinge. Maar vir nou wil EK hê dat julle nie op snaakse feite moet konsentreer nie, maar direk op MY omdat net EK dit vir julle moontlik sal maak om Een met MY te word. Hoe meer julle op MY fokus, hoe vinniger sal die eenwording dan ook plaasvind. Dit is die waarheid en kan deur menige mens wat voor julle uitgegaan het, bevestig word. Binnekort sal julle dan ook kennis maak met almal wat voor julle uit gegaan het en al lankal een met MY is, maar wat nie meer hier tussen julle op- aarde rondloop in ‘n mensgewaad nie. Julle sal dan deur hulle meer geleer word oor MY en MY skepping sodat julle dan nog hoër en hoër kan styg en meer en meer met MY kan verenig, al is dit dan ook eers in die hiernamaals. Wees verseker dat julle nog nie eers die top van die ysberg aangeraak het nie en wat kennis , verstand en liefde betref het julle nog baie om te leer. MY kinders, die wedergeboorte is nie iets wat net in die hiernamaals bereik kan word nie al voel dit vir julle som omdat julle al begin moed verloor. Dit is iets wat julle sommer maklik kan bereik as julle erns het daarmee. Glo net en julle sal dit verkry vanuit MY hand omdat EK julle almal lief genoeg het om dit aan julle te gee. Onthou net dat dit deur julle eie toedoen sal gebeur want hoe liewer julle MY het, hoe vinniger sal dit gebeur. Maar ook in die hiernamaals sal daar dinge wees wat julle sal kan bereik as julle graag wil en so kan julle ook hoër en hoër opstyg en meer en meer met MY een word. Wanneer julle die eenwording met MY hier op aarde bereik het, is dit nog lank nie die einde nie. Almal wat dan wil, kan dan nog meer en meer van MY ontvang, maar dit is net makliker in die hiernamaals vir julle wat alreeds een met MY geword het op aarde, om iets hoërs te bereik hierna. En daarom is dit ook noodsaaklik om hoër te gaan op aarde sodat die pad vir julle hierna nog makliker kan wees omdat jy dan weereens met MY kan verenig en nie nodig het om eers die sielswedergeboorte te moet bekom nie. Jy kan dan dadelik oorgaan om te werk aan die geestelike wedergeboorte wat maklik verkrygbaar sal wees vir julle wat alreeds een met MY geword het op aarde. Glo dit ook want dit is die waarheid.

Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205