DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 27

23 Mei 2008   15:30

 

In die begin het Ek aan julle gesê dat die einde in sig is en julle het toe almal geglo dat die einde van die onderdrukking  in julle land ook op ‘n einde is. Nou het van jule al begin moed verloor en wil julle nie meer glo wanneer EK sê dat die einde naby is nie. MY seuns en My dogters, julle moet nie moed verloor nie want wanneer die donker tyd aanbreek gaan julle baie spyt wees omdat julle nie geglo het nie. Glo, want alles wat EK gesê het sal so wees omdat EK nooit gelieg het nie en ook nooit sal lieg nie. Glo omdat julle MY liefhet en nie omdat julle resultate of wonderwerke sien nie. EK sal wel kom en die wonderwerke sal dan ook saam met MY kom sodat julle oortuig kan wees van MY teenwoordigheid. Julle verstaan dikwels nie wat om julle aangaan nie en dan is julle baie vies of teleurgesteld omdat dit nie so uitgewerk het soos wat julle gedink het dit gaan uitwerk nie, maar EK wil hê dat julle nog steeds moet glo want dit maak MY Vaderhart  seer wanneer MY kinders altyd eers bewyse wil hê van MY liefde of teenwoordigheid. EK is die hele tyd in julle midde en sal MYSELF nog sigbaar in julle midde ook laat sien. Daar sal van julle wees wat MY met julle vleeslike oë kan sien en julle sal dan aan die ander vertel dat EK wel daar is, en ook in die vlees. Glo net omdat EK die waarheid praat. Julle almal het al die een of ander ding beleef waartydens julle MY mag en krag kon sien en nie een van julle sal kan stry dat EK wel al wonders gedoen het vir julle nie. Glo daarom nou ook en nie net wanneer dinge om julle gebeur nie. MY kinders het al baie in die verlede nie geglo nie, net om die volgende dag ‘n onteenseglike bewys te kry van MY almag en teenwoordigheid. Dan sit almal in sak en as en kom vra omvergifnis vir hulle twyfel in MY. Die wat ook nie glo nie, sal dan ook nie lank by MY herberg kan uithou nie en sal dan gaan en hulle heil op ‘n ander plek gaan soek, maar groot gaan hulle teleurstelling wees wanneer EK wel kom en hulle nie daar is nie. EK wil hê dat julle hier moet bly en MY moet verwag. Wanneer julle op aarde ‘n bruilof vier word daar met groot verwagting na die koms van die bruid uitgesien omdat almal graag wil sien hoedat sy gaan lyk, maar nou moet julle vir die Bruidegom wag wat julle almal gaan verras. As julle geduldig kan wag vir die mooie bruid om te kom, kan julle netsowel vir die meer as mooie Bruidegom ook wag, is dit nie waar nie. Wag vir MY, julle Bruidegom om julle almal te kom tooi in ‘n nog mooier gewaad as ‘n aardse bruid se trourok. Julle klee julleself met die mooiste klere vir die bruilof wanneer julle in liefde, julle harte met MY, wat liefde is, vul. Wanneer EK dan kom, sal EK die laaste paar bykomstighede aan julle gee om julle perfekte bruide vir MY te maak. Gee daarom ag op dit wat EK van julle verlang sodat julle perfek gevind kan word deur die Bruidegom wanneer HY kom. En kom sal HY beslis, want die tyd is al gereed daarvoor. Julle besef nie dat julle almal al gereed daarvoor is nie omdat daar nog baie dinge is wat julle pla, maar EK sê vir julle dat elkeen van julle op die herberg al gereed is om MY te kan ontvang. Laat EK dit mooier aan julle verduidelik. Wanneer EK kom, sal EK aan elkeen van julle julle deel gee sodat die een wat meer gereed is as die ander die wedergeboorte sal ontvang van MY, Julle Vader en Redder. Die een wat nog nie gereed is vir die wedergeborte nie, sal dan iets anders uit MY hand ontvang wat hom in staat sal stel om die wedergeboorte op die regte tydstip te ontvang. Elkeen van julle sal iets van MY kry as EK kom, al is jy nog nie gereed om die wedergeboorte te ontvang nie, maar almal van julle sal dit op die een of ander tydstip bereik en julle sal net aangespoor word deur die wat dit voor jou sal ontvang. Glo daarom, al is jy nog klein in die liefde en bou daaraan sodat jy ook die wedergeboorte kan bereik. Bou net op die liefde en jou geloof sal ook versterk word en groei. Dit sê EK vir julle omdat EK al gereed is om te kom, maar net vir julle wag.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205